Posts Tagged With: dinosourus aktiwiteit

Wiskunde mal

Ons knaap is wiskunde mal op die oomblik. Ek dink nie hy besef dit mooi self nie. Baie van die dinge is vir hom net speel. En alles is vet pret.

Bo aan sy lysie is seker sy Little Professor. Daar is nie ‘n dag wat verby gaan wat hy nie ‘n keer of 2 die uit ruk en ‘n paar somme gaan maak nie. Hy doen nog net die optel en afrek op “level 1”, maar hy geniet dit vreeslik. Dis so interessant om te sien watter planne hy beraam om die somme te kan doen. Die tel blokkies was aan die begin ‘n wenner, maar nou raak hy lui. Dan gebruik hy sommer sy vingers of tel op die getalle kaart af. En dan is daar natuulik die kere wat hy regtig lui is en sommer dit op geheue probeer doen. Dan kry hy gewoonlik net so 3 uit 5 reg, maar ek dink nie dis te sleg vir ‘n 5 jarige nie. Ek het vir hom ‘n houer vir sy Little Professor gemaak. Nou kan hy die oral saam dra. So somme doen op die stoep of in die tuin is al te lekker.

Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Die woelwaters, Gratis drukstukke, Tuisonderrig, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoorde: , | 7 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.