4

Vakansie in die hartland

14 January 2013
Share

Ons is nou al ‘n week terug na ‘n vakansie in die hartland – Dis nou Namibië vir die wat dalk sou mag wonder. Die enigste probleem na so ‘n lekker vakansie is dat ek nooit myself mooi kan kry om weer aan die gang te kom nie. Die vakansie gees sit nog so in my vel.

‘n Vakansie Suidwes toe gee altyd ‘n ver ry af. Dit voel egter of ons die vakansie ekstra ver gery het. ‘n Goeie 5000km om presies te wees, heen en terug. Gelukkig het ek 2 wenner kinders wat dit ‘n droom maak om so ver te ry. Ek weet nie of ons die vakansie so baie sou geniet as hulle die heelpad moes neul, huil, baklei of kla nie.

Soos ek reeds genoem het is ek nog heeltemal te veel in die vakansie ding om lang relase te skryf oor al die mooi en lekker wat ons beleef het. Die klompie foto’s aan die einde moet maar hul eie storie vertel. Daar is in elk geval nie ‘n manier wat die stilte en oopte wat ‘n mens se siel skoon spoel in woorde kan uitdruk nie.

Die foto’s is geneem op pad, in Tsumeb, by Bush Babies, die Etosha en Hentiesbaai. Ek wil darem net ‘n paar van my gunstelinge uitlig:

Vakansie 2012 031

Manlief en die kinders drink rëen.

Vakansie 2012 132

‘n Kosbare boetie-sussie oomblik

Vakansie 2012 147

My manne wat aan waatlemoen smul

Vakansie 2012 232

Die bul het op oukersdag sy eerste tand gewissel. En is hy nou trots op die!

Vakansie 2012 273

En miskien die grootste opwinding, ek het my eerste weerligstrale op kamera vasgevang. Nou kan ek elke keer daarna kyk as ek so na die donderweer verlang!