Prentjie mooi

Vakansie in die hartland

Ons is nou al ‘n week terug na ‘n vakansie in die hartland – Dis nou Namibië vir die wat dalk sou mag wonder. Die enigste probleem na so ‘n lekker vakansie is dat ek nooit myself mooi kan kry om weer aan die gang te kom nie. Die vakansie gees sit nog so in my vel.

‘n Vakansie Suidwes toe gee altyd ‘n ver ry af. Dit voel egter of ons die vakansie ekstra ver gery het. ‘n Goeie 5000km om presies te wees, heen en terug. Gelukkig het ek 2 wenner kinders wat dit ‘n droom maak om so ver te ry. Ek weet nie of ons die vakansie so baie sou geniet as hulle die heelpad moes neul, huil, baklei of kla nie.
Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Prentjie mooi | Sleutelwoorde: , | 4 Kommentaar

Heerlike vakansie

Ek probeer nou al ‘n ruk die moed bymekaar skraap (of is dit nou die geduld) om oor die vakansie te blog. Met ons 3G wat so ‘n spoedvraat is, verg dit hope en hope geduld om alles gelaai te kry, veral as jy soos ek heeltemal te veel foto’s geneem het en net nie net ‘n paar kan laai nie.

‘n Uitsig om net van te droom

Lees voort

Categories: Die woelwaters, Prentjie mooi | Lewer kommentaar

Ongelooflike Franskraal

Ek is nou een maal vas geplak aan my mik-en-druk-kamera. Ek kan nêrens heel gaan daar sonder nie. Die vakansie op Franskraal was geen uitsondering nie. Die kamera het selfs vir ‘n swem gegaan! Gelukkig lyk dit of dit niks oorgekom het nie. Dankie Canon! Ons vorige kamera het nie ‘n soortgelyke avontuur oorleef nie.

Ek wou graag met julle ‘n paar van die foto’s deel van die ongelooflike mooi omgewing.

Lees voort

Categories: Prentjie mooi | 2 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.