Ek is nou een maal vas geplak aan my mik-en-druk-kamera. Ek kan nêrens heel gaan daar sonder nie. Die vakansie op Franskraal was geen uitsondering nie. Die kamera het selfs vir ‘n swem gegaan! Gelukkig lyk dit of dit niks oorgekom het nie. Dankie Canon! Ons vorige kamera het nie ‘n soortgelyke avontuur oorleef nie.
Ek wou graag met julle ‘n paar van die foto’s deel van die ongelooflike mooi omgewing.
Ek is seker teen die tyd het julle al besef ek het ‘n fassinasie met klippe en rotse en die brokkies lewe wat daarin voorkom.
Daar was natuurlik ook ‘n paar pragtige sonsondergange.
Oujaarsaand het iemand sakke met kerse op die rots eilande gepak. Die effek was ongelooflik.
Ons het ‘n blitsige besoek aan Hermanus gemaak. Die dorp is nou nie my idee van pret nie, maar die omgewing is pragtig.
Ons het ook ‘n draai gery binneland toe na Swellendam. Die natuurskoon op pad was verruklik mooi.
Laastens moet ek net die foto van Seehond, Tressa, deel (natuurlik op rotse)
Eendag as ek groot is gaan ek ook ‘n professionele film kamera koop (ja, ek is nog altyd verlief op film, dit het net ‘n ander gevoel as digitaal) en op ‘n kurses of 3 gaan.
Hi Lizelle,
Ek is bly jul kon Franskraal so geniet. die fotos is pragtig. As ek sulke lig & komposisies sien hou ek sommer op neem. Hou egter aan, ek & sekerlik almal geniet die beeldskone natuur baie.
Dankie, vriendin. Jy neem dan self sulke pragtige foto’s!