0

Heerlike vakansie

31 January 2012
Share

Ek probeer nou al ‘n ruk die moed bymekaar skraap (of is dit nou die geduld) om oor die vakansie te blog. Met ons 3G wat so ‘n spoedvraat is, verg dit hope en hope geduld om alles gelaai te kry, veral as jy soos ek heeltemal te veel foto’s geneem het en net nie net ‘n paar kan laai nie.

‘n Uitsig om net van te droom

Ons is die vakansie geseën om in die mooiste huis met ‘n nog mooier uitsig te kon bly. Beste van alles was ouma en oupa wat saam was om elke oomblik te deel. Met so ‘n uitsig kan julle seker verstaan dat see koors hoog geloop het.

Die pragtige getypoele is natuurlik enige kind (hmm, en hond) se droom. Ons het ure spandeer om te kyk na al die pragtige krappe, slakke (ja, daar is blykbaar nie genoeg in my tuin nie, slakke vang is ook ‘n vakansie aktiwiteit!), anemone, seekomkommers, bloublasies, jellievisse en soveel meer. Dis ‘n leerskool en ‘n half.

Ek gaan nie elke foto apart laai nie (dit sal my die hele dag neem). Ek moet egter kommentaar oor die een lewer. Sien ouboet en pappa het te heerlik Lightning McQueen op die rekenaar gespeel en pop was heel duidelik te verveeld vir woorde.

O, so verveeld

So hier volg nog 41 vakansie foto’s. Die keer van die twee mooiste kinders in die wêreld en nie net van die pragtige Franskraal nie.