0

hoekom, hoekom, hoekom

8 February 2012
Share

Met ‘n knaap wat vroeg weg gespring het met praat het die vrae natuurlik ook vroeër as gewoonlik reeds begin. Toe hy nog klein was was dit gewoonlik “maak so?”. Hy wou net konstant weet wat maak ‘n betrokke geluid. Dit kon my nogal gek maak. Dis nie altyd maklik gewees om te weet watter van die baie geluide op die spesifieke oomblik nou juis sy aandag getrek het nie.

Wel dis 3 jaar later en ek sou die maak-so? vrae nou verkies het. Mens sou dink ek moet al die vrae al gewoond wees! Deesdae is dit net hoekom?. En nog hoekom en hoekom en hoekom. Dis soms om van gek te word. (Nee, ek lieg, ek het lankal nie meer al my varkies op hok nie). Ek is seker ek moet op enige gegewe dag ten minste 100 (indien nie meer) hoekom vrae beantwoord. Natuurlik is hy ook nie tevrede met ‘n eenvoudige antwoord nie. Nee, hy wil die detail hê. Die gevolg is dat die Wêreldspektrum en mieliestronk my 2 gunsteling goed op die oomblik is. Mamma se algemene kennis is besig om te groei teen ‘n astronomiese spoed!

Vanoggend terwyl ek nog slaap dronk probeer om pap te maak kom die eerste storm loop. Wat eet pylmotte? So begin my soektog toe vandag. Wel na ‘n groot gespook het ek darem uitgevind dat wat ons pylmotte noem toe nou valkmotte is. En vir die wat wonder, hulle drink nektar nes skoenlappers (http://www.mieliestronk.com/motte.html). Die kinders was ook gek oor die blad http://www.flickr.com/photos/gilbertopalma/galleries/72157627013819761/ wat ‘n hele klomp foto’s van die metamorfose gehad het wat verskillende motte ondergaan.

So op een van die ontdekkings togte het ek ook uitgevind dat wat ons ‘n vrugtemuskiet noem (daai muskiete met die laaaang bene) eintlik “Crane flies” is (http://en.wikipedia.org/wiki/Crane_fly). En dat die volwasse vlieg selde eet (en ook nektar as hul wel eet). Hulle lewe eintlik net lank genoeg om voort te plant.

Ek weet ook nou dat Daddylonglegs (of soos pop sê daddylongslegs) spinnekoppe wel kan byt, maar dat dit ‘n miete is dat hulle giftig is. Die miete het waarskynlik ontstaan omdat hulle knopiespinnekoppe vang. Mense het dus gemeen as hulle so ‘n giftige spinnekop se vyand is moet hulle ook giftig wees.

Enige ander onbruikbare inligting waarin iemand belangstel? Gooi die kant toe, ek moes waarskynlik een oggend half deur die slaap al ‘n antwoord daarop gesoek het.