Ek het al so baie artikels gelees van tuisonderrig ouers wat nie ‘n vaste kurrikulum volg nie. Hulle glo die kinders leer so tussen die alledaagse lewe deur. Dit het vir my s’n gemaak dat kinders op hulle eie tyd leer loop, spring en rol. Maar skool goed ook?
Ek kom uit die tradisionele onderrig stelsel en dit wou net nie vir my reg klink nie. Die naweek het my egter aan die dink gesit. Ellard (wat oor minder as 2 maande 5 word) het ‘n somme speletjie gekry. Ek het nog glad nie vir hom getal identifisering begin leer nie. Ek het wel gedink dis makliker om dalk eersdaags vir hom getalle te begin leer eerder as om hom te leer lees. Daar is immers net 10 getalle en nie 26 nie! Klink net vir my of hy vinniger resultate gaan sien en dit kan begin geniet.
Terug by die speletjie. Dit het som kaarte. ‘n Aantal prentjies dan ‘n plus/minus/maal/deel teken en nog ‘n aantal prentjies. Hy moet dan die som voltooi sodat dit iets lyk soos 1 + 2 = 3 met die blokkies wat hulle verskaf. Natuurlik wou hy die nuwe speelding uitprobeer. Ek het gereken hy gaan net vir my die getalle kan sê. Daar verstom die knaap my toe. Hy tel die eerste getal en gaan haal toe die regte blokkie uit om neer te sit! Hy kon nog nie al 10 getalle identifiseer nie, maar wel meer as die helfte. Hoe, waar en wanneer het hy dit geleer?!
Ons gaan die speletjie verseker nog baie speel. Hy is juis nou so geïnteresseerd in wiskunde. So op sy eie manier, natuurlik. Hy sal bv. sê ons is 3, maar as pappa bykom is ons 4. So speel-speel is die knaap besig om skoolgereed te raak.
Dit alles laat mens nogal wonder oor ons tradisionele onderrig stelsel. Is dit noodwendig die beste/maklikste of enigste manier van leer.
Ek wonder maar net meer as ek Nederlandse navorsing lees wat wys dat kinders eers tussen 6 1/2 en 8 gereeld is om te leer lees. Hulle vermoed die groot hoeveelhede kinders wat teen laat laerskool by hulle nog nie kan lees of skryf nie veroorsaak word deur die feit dat kinders juis te vroeg begin leer. Wonder of SA nie maar net met dieselfde probleem sit nie? Gee my wel gemoedsrus oor die feit dat my amper 5 jarige nog by die huis rond hol en net lekker speel.
Jayden is net so gek oor syfers. Sy nuutste is om die nommers uit te ken as ons gaan stap om die blok. Hy begin die twee nommers saam sit, soos 2 en 8 is “twenty eight”. (Hy ken als in engels. Ek probeer nou hom die afrikaans ook leer!)
En al het ek nog nooit fisies saam hom gesit en vir hom dit geleer nie, doen hy dit net. Dis amazing hoe hulle breintjies ALLES absorbeer… Ek kom agter hy begin al selfs sekere woorde herken as hy dit sien.
Ons seuns is so slim (“,)
O, die engels is deesdae darem net oral. Een van Ellard se Afrikaanse maatjies praat beter Engels as Afrikaans. Dis nogal snaaks, maar ook hartseer.
Moet se die knaap begin darem minder sy tale meng. Dink hy begin nou onderskeid tref.
Ons onderskat verseker daai skerp breine van hulle.