Gewoonlik is die jongspan teen 10 uur saans lankal in droom land. Maandag aand was dit egter so warm dat hulle net nie mooi hulle lê kon kry nie. Net voor 10 vat ek toe vir Tres uit om haar laaste draai te gaan loop en ontdek ‘n padda in die skulp-swembad.
Natuurlik kon die twee dit net nie misloop nie. Die flitse is gegryp en ons is almal uit op ‘n pappa jag. Daar was toe nog een in ‘n blompot ook. Die 2 paddas was later so verskrik dat hulle eerder ander skuiling gaan soek het. Wat ‘n heerlike aand. Na die warm van die dag het die eerste (en laaste) druppels van ‘n donderstorm begin vol. Die donderweer was ongelooflik. Dis iets wat die klomp laevelders/suidwesters hier in die kaap baie mis.
Die beste van die nagtelike ekspedisie is dat niemand vir ‘n oomblik bekommerd was, omdat die 2 nog so laat wakker was nie. Daar is immers mos geen rede hoekom hulle vroeg hoef op te staan nie. Na ‘n laat nag kan woelige lyfies mos nog ‘n bietjie laat lê die volgende oggend.