So in die rond krap op my webjoernaal kom ek op ou plasings af wat ek nooit klaar gemaak het nie. Twee daarvan was oor kunsvlyt. Een projekte wat ons saam met maats op Vlytige Vrydae gemaak het. Die ander oor kuns en kunsvlyt wat ons gedoen het.
Ek gooi nou sommer alles saam. Dalk is daar ander wat soek na oulike idees om klein handjies mee besig te hou. Hierdie was kunsvlyt van 2016! Toe my drie 3, 7 en 9 jaar oud was.
En hierdie is van ons Vlytige Vrydag projekte gewees.