0

EduXplore Kaapstad

9 October 2024
Share

Kom loer in by die Kaapstad Tuisskool Ekspo op 12 Oktober. Toegang is gratis! Registreer vooraf by https://waantu.co.za/product/che-eduxplore-2024-alternatiewe-en-tuisonderwys-ekspo/

Dis jou kans om na my Somme(r) Pret en ander produkte te kyk by die Lomi stalletjie. Of kom gesels met my oor tuisskool in Afrikaans en hoe om meer organies te leer.

My splinter nuwe Somme(r) Pret Emmers met apparaat om konkreet wiskunde te kan doen in die grondslagfase sal te koop wees. Asook my seun se Edel produkte en my meisiekinders se stories en tydskrif.

Dis jou kans om na hope hulpmiddels te kom kyk by die verskillende stalletjies en na lesings en werkswinkels te gaan luister. Die heel laaste werkswinkel word deur die CHE aangebied oor terugvoer van die WCED oor hoe hul beplan om die nuwe BELA wet te implementeer.

En as jy die beste kan skat hoeveel jelly tots in die houer by my stalletjie is, is dit joune!