Graad 1

Kameel skootboek

Ons het “Die Singende gras” deur Freda Linde gelees en vreeslik baie geniet. Die storie speel in Suidwes (Namibie) af en dit was ‘n ideale kans om meer oor kamele te leer. Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoorde: , , , | 2 Kommentaar

Eekhoring skootboek

DSCF5838

Hier is so baie boomrotte, ag ek bedoel eekhorings, wat elk dag in ons tuin rond baljaar dat dit seker onvermydelik was dat ons een of ander tyd meer oor die diertjies sou leer. Toe vind ek ook nog ‘n fantastiese lewendeboek, Natuurbiblioteek: Die Eekhoring, in ons biblioteek. Die boek vertel alles van eekhorings se gewoontes, kos, predatore en vele meer in die vorm van ‘n fassinerende storie. Ongelukkig moes ek toe ontdek dat ons biblioteek net nog een ander boek in die reeks het en dat dit op die oomblik uitgeneem is. Ek hoop van harte dat ons nog van die boek in die hande sal kan kry! Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoorde: , , | 2 Kommentaar

Borrelende Eksperimente en pH

Ek is seker ek het dit al genoem – Met ‘n baba in die huis is daar net dingetjies wat ek blykbaar heeltemal mis en, erger nog, dit gewoonlik nie eers agter kom nie. Soos ek besig is om deur my foto’s te gaan om te skryf oor nog 2 skootboeke wat ons gedoen het kom ek op ‘n ton ander dinge af wat ek nooit gedeel het nie. ‘n Klompie van ons eksperimente val hier onder. En is ons nie lief vir eksperimente nie! Ek kan nie glo ek het dit nie geplaas nie! Ek gaan nie tyd hê om alles in te haal nie, maar ek wil graag met julle tenminste 4 deel. Eintlik is 3 daarvan net variasies van dieselfde ding. Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoorde: , , , , , | 1 Kommentaar

Gimnastiek skootboek

 

DSCF5826

Tydens die Statebond Spele was my 2 gimnasies vasgenael voor die TV. Ons Pop was versot op al die blink leotards! Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoorde: , , | 1 Kommentaar

Vel en hare skootboek

DSCF5823

So ‘n rukkie terug het ons ons eerste skootboek (lapbook) aangedurf. Ons Pop wou meer weet van “Hare”, so dit het soos ‘n lekker manier geklink om meer van die te leer. Ek het op ‘n oulike Skootboek oor die menselike liggaam af gekom by http://www.homeschoolshare.com/human_body.php en toe die goedjies waarvan ons wou leer daaruit aangepas/ver-Afrikaans. Die eenheid gebruik “Blood and Guts” van Allison, wat ek reeds gehad, omdat dit ook gebruik word in Konos volume 3. Ek moes natuurlik ‘n paar goedjies by werk, omdat ons net op ‘n klein deeltjie van die eenheid gefokus het. Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoorde: , , , , , | 3 Kommentaar

Letter pret 2

Vandat ek laas geskryf het oor al die prettige dinge wat ons met letters aanvang deesdae het ons al weer ‘n paar nuwe dinge gedoen.

Voor ek egter by dit kom, lees ek die anderdag iemand wat kommentaar lewer oor kinders wat nie al die toertjies nodig het om te leer lees nie. En as hulle het dat hulle waarskynlik dan nog nie reg is vir die stap nie. Daar is waarskynlik heelwat waarheid in die stelling. Veral as ‘n mens natuurlik in ‘n land bly waar jou moedertaal ook die taal is van alles om jou. Dit gee immers jou kind die blootstelling aan daardie taal. Ons siele hier aan die suidpunt van Afrika is egter in ‘n baie Ingelse wêreld (nie dat ek dink ons situasie is enigsins uniek nie). My kinders wil dus so graag al die dinge om hulle lees, net om hulle vas te loop teen “julle het dit reg geklank, maar dis Engels, so dit klink anders”. Dit is die dat ek nou vir hulle ‘n kunsmatige Afrikaanse wêreld skep, waarin hulle meer kanse kry om hulle nuwe lees vaardighede op die proef te stel. Lees voort

Categories: Graad 1, Tuisonderrig | Sleutelwoorde: , , | 1 Kommentaar

Letter pret

Ek hou altyd daarvan om eerder met prettige speletjies vir die kinders nuwe dinge te leer. Lettervaslegging is nou groot in ons huis. Ek het dus gedink dis net gepas om te deel wat ons al aangevang het om dit speel-speel te leer.

Parkeer die letter

Ek het op die oulike idee afgekom om ‘n letter parkade te maak. Die idee is om karretjies met die kleinletters op te parkeer op die parkeerplek met die hoofletter op.

DSCF3592 Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoorde: , , , | 6 Kommentaar

Graad 1 hier kom ons

Laas jaar met die afskop van die graad R jaar was ek baie bewus van alles wat ons en ons knaap op uit mis, omdat hy nie in die skool is nie. Die eerste skooldag foto wat al wat leef en beef op Facebook laai, die eerste atletiek en en en. Daardie tyd het ons besluit daar is ander goed waarop hy gelukkig ook uit mis, soos lang skool dae, baie stil sit, groepsdruk en meer.

Nou ‘n jaar later het ek nuwe wysheid ontdek en die nuwe skool jaar is vir ons ‘n groot lekkerte. Dit is waar dat daar goed is wat ons “graad eentjie” mis loop, maar die teendeel is ook waar. Daar is baie goed wat skool graad 1’s misloop, omdat hulle nie tuis is nie. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Graad 1, Tuisonderrig | Sleutelwoorde: , | 4 Kommentaar

Blog at WordPress.com.