Tydens die Statebond Spele was my 2 gimnasies vasgenael voor die TV. Ons Pop was versot op al die blink leotards!
Natuurlik was dit die ideale tyd om meer te leer oor gimnastiek. Dit was fassinerend om te leer van die oorsprong van gimnastiek by die Antieke Grieke as voorbereiding vir oorlog. En hoe die sport in moderne tye ontwikkel het. Ons het ook van beroemde gimnaste geleer en na van hul roetines gekyk. Twee oulike skakels is http://www.activityvillage.co.uk/nadia-comaneci en http://www.activityvillage.co.uk/olga-korbut wat inkleurprente, feite en video’s van 2 beroemde gimnaste het .
Hier is van die interessant inligting waarop ons af gekom het. Ek het saam met dit aktiwiteite uit http://www.1plus1plus1equals1.com/Girls_Gymnastics_Printables.pdf en http://www.littlelearninglovies.com/wordpress/wp-content/uploads/2012/06/GymnastMathNLiteracyMiniLLL.pdf gebruik. (Altyd lekker as iemand anders al van die werk vir jou gedoen het)
Van alles wat ons geleer het was die merkwaardigste George Eyser wat met ‘n hout been 6 medaljes by die 1904 Olimpiese Spele los geslaan het! Wat ‘n inspirasie.
Ons het ook so bietjie LO in gewerk en gekyk watter van die gimnastiek bewegings hulle al kan doen.
Hier is van die drukstukke wat ek gemaak het:
Beroemde – 3 beroemde vroue gimnaste
Gimnastiek feite – ‘n Paar artistiese gimnastiek feite
Gim feite – Al die verskillende tipes gimnastiek wat daar bestaan
1 Response
[…] die vreugde van skootboeke (lapbooks) ontdek en die kinders het so baie geleer van hul vel en hare, gimnastiek, eekhorings, kamele, slakke, krimpvarkies en hoenders. Dit is so ‘n heerlike manier om […]