Vel en hare skootboek

DSCF5823

So ‘n rukkie terug het ons ons eerste skootboek (lapbook) aangedurf. Ons Pop wou meer weet van “Hare”, so dit het soos ‘n lekker manier geklink om meer van die te leer. Ek het op ‘n oulike Skootboek oor die menselike liggaam af gekom by http://www.homeschoolshare.com/human_body.php en toe die goedjies waarvan ons wou leer daaruit aangepas/ver-Afrikaans. Die eenheid gebruik “Blood and Guts” van Allison, wat ek reeds gehad, omdat dit ook gebruik word in Konos volume 3. Ek moes natuurlik ‘n paar goedjies by werk, omdat ons net op ‘n klein deeltjie van die eenheid gefokus het.

DSCF5825Die 2 rakkers het dit vreeslik baie geniet. Ek kon in die verlede nie mooi almal se opgewondenheid oor skootboeke verstaan nie, maar ek dink ek doen nou. Sien dit gaan nie net oor wat hulle leer nie. Dit gaan ook oor die spoeg en plak en inkleur. En natuurlik dat jy later kan spog met wat jy gemaak het.

Ek hou daarvan dat ons eksperimente kan bywerk, ons eie wiskunde, lees en skrif oefeninge by gooi, en sommer godsdiensonderrig ook. En die beste is dat ek die moeilikheidsgraad kan aanpas vir elkeen van hulle. Dit was so ‘n treffer dat ons intussen nog ‘n paar skootboeke gemaak het wat ek ook nog met julle sal deel. Vir my 2 is die eksperimente super belangrik. Buiten vir die in die boek het ons ook geleer van verdamping wat ons vel laat afkoel deur te kyk of water of alkohol koeler op die vel voel.  Die enigste nadeel was dat ons 5 jarige besluit het sy het hare nodig om in haar boek te plak. Toe ek weer sien is sy besig om lustig haar eie te knip om te gebruik. Gelukkig was daar genoeg om sommer in Boeta se boek ook te plak.

DSCF5824

Ek vermoed soos die woelwaters ouer raak gaan skootboeke minder van my tyd eet. Dan kan hulle self in blanko “boekies” feite neer skryf wat vir hulle uitgestaan het. Nou moet ek egter nog besluit wat hulle dalk interessant gaan vind en dit vooraf voorberei.

Ek deel graag met julle die goed wat ek vir hulle gemaak het (dalk spaar dit ‘n ander bedrywige ma ‘n bietjie tyd):

Doel vel – wat is die doel van ons vel

Vingerafdrukke – ‘n plekkie om vingerafdrukke te druk deur met potlood op papier te krap en dan jou vinger daaroor te vryf en dit dan op kleefband af te druk. Ons het afdrukke van verskillende dele van hul vel gemaak, sodat hulle kon sien dat dit verskil

Voel – Een van die eksperimente uit Blood and Guts (Map of the back of my hand – bladsy 16). Party deeltjies van ons vel voel hitte, ander koue, ander pyn en nog ander drukking

Hoe gevoelig – Nog ‘n eksperiment uit Blood and Guts (Touchy points – bladsy 17). Watter dele van ons lyf is meer gevoelig

Hare doel – Wat is die doel van hare

haar feite – ‘n Paar feite oor hare

Harige feite – Nog ‘n paar harige feite.

Advertisements
Categories: Eksperimente, Graad 1, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,,,,, | 3 Kommentaar

Artikelnavigasie

3 thoughts on “Vel en hare skootboek

  1. Liezl

    Hi da! Ek is n tuisskoolmamma van 2kinders. 9 en 7. En ons het so maand terug begin met die skootboeke en geniet dit vreeslik baie. Baie dankie vi jou oulike idees. Ons het konos 1 en gaan nou die weaver cur. kry wat baie aktiwiteite bevat.
    groete
    Liezl

    • Hi Liezl,

      Klink my ons het so saam saam met die skootboeke begin 🙂
      Sodra ek ‘n tydjie het laai ek die res.

  2. Terug pieng: Ons 2014 hoogtepunte | Lomi

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: