Die naweek was ons so gelukkig om net mooi te gaan stap toe die munisipaliteit besig was om ‘n waterpyp te laat leeg loop. Eers was die kinders net gefasineer met die vreeslik straal water en harde gedruis. Gou het hulle egter besef hier is massas water en modder om in te baljaar!
En het hulle nie pret gehad nie!
Sand en water is immers kinders se beste speelgoed. As jy die 2 natuurlik kan kombineer nog soveel te beter!
Dit was behoorlik ‘n storie om die kinders weer tuis te kry. Hulle wou net nog en nog speel.
Die 1000de liters water wat verlore gegaan het was toe darem nie net ‘n vermorsing nie. Dit het gratis pret veroorsaak. Ek is dankbaar dat ons die gelukkiges was om aan die ontvang kant te wees.