1

Borrelende Eksperimente en pH

1 September 2014
Share

Ek is seker ek het dit al genoem – Met ‘n baba in die huis is daar net dingetjies wat ek blykbaar heeltemal mis en, erger nog, dit gewoonlik nie eers agter kom nie. Soos ek besig is om deur my foto’s te gaan om te skryf oor nog 2 skootboeke wat ons gedoen het kom ek op ‘n ton ander dinge af wat ek nooit gedeel het nie. ‘n Klompie van ons eksperimente val hier onder. En is ons nie lief vir eksperimente nie! Ek kan nie glo ek het dit nie geplaas nie! Ek gaan nie tyd hê om alles in te haal nie, maar ek wil graag met julle tenminste 4 deel. Eintlik is 3 daarvan net variasies van dieselfde ding.

 

20141

Die kinders se gunsteling eksperiment by die super eenvoudige koeksoda en asyn vulkaan. Ek het lankal telling verloor met die hoeveelheid keer wat ons dit al gedoen het. Of natuurlik variasies daarvan. Die eksperiment is eenvoudig. Gooi asyn by koeksoda en dit bruis dat die biesies bewe. As jy natuurlik kleursel by die asyn gooi het jy ‘n heerlike vulkanies uitbarsting. Die 2 bestanddele wat meng vorm koolsuurgas wat vir al die heerlike borrel aksie sorg.

20143-2‘n Oulike variasie hiervan is om koeksoda by maansand te meng en dan nadat die kinders heerlike pret gehad het om “sandkastele” te bou vir hulle spoeibottels met asyn en/of klein bakkies daarvan te gee en die borrel aksie te laat begin. Meng 1 koppie koeksoda met 1 koppie meel (ons gebruik rog om dit koringvry te maak) en ‘n 1/4 koppie kookolie. Natuurlik kan jy kleursel byvoeg om dit meer pret te maak.

20142

Science Bob verduidelik mooi hoe om die derde en laaste weergawe te doen en ook wat gebeur. Sien dit maak nie saak hoeveel keer mens dit oor en oor doen nie. Dit bly pret. Die keer is die asyn onder in die bottel en die koeksoda bo in die ballon. As die 2 bymekaar kom blaas dit die ballon op.

 

DSCF5445

Natuurlik moes ons toe meer leer van sure en basisse (pH). Ons het ‘n indikator gemaak van rooikool-sap en toe gekyk hoe suur of alkalies verskillend huishoudelike produkte is. Sny bloot ‘n hele klomp rooikoolblare fyn en gooi kookwater oor dit. Laat dit staan en dreineer dan die pers vloeistof af. By ‘n neutrale pH (soos water en bakpoeier) is die vloeistof pers. Sure (soos asyn, suurlemoensap en sitroensuur) kleur dit rooi en basisse (soos koeksoda en domestos) kleur dit blou of groen. Ons het lekker raai-raai -rippa gespeel watter kleur die verskillende goed dit gaan kleur.

 

DSCF5448

DSCF5449Alhoewel dit ‘n lekker eksperiment was, dink ek ek het die meer geniet as die kinders en sou die een aanbeveel vir effe ouer kinders.