Met die 2 woelwaters wat net ‘n maand uitmekaar verjaar, het ons die laaste paar jaar sommer so saam-saam vir hulle partytjie gehou. Dit is buitendien net dieselfde maats wat weer genooi moet word – dis seker nog een van daardie dinge wat anders werk as jou kinders nie in die skool is nie. Hierdie jaar wou die 2 egter elk ‘n eie partytjie hê, en hulle kon buitendien net mooi glad nie tot ‘n vergelyk kom vir ‘n gesamentlike tema nie.
Ons doen toe die dubbele partytjie ding. Seker nie te ‘n goeie plan met ‘n baba in die huis nie. Ek vat egter ‘n paar kort paaie en maak nie die meeste dekor self nie. Die enigste gelol was om geskikte datums te kry. Beide se verjaarsdae val toe net mooi tussen ‘n langnaweek en ‘n kort vakansie (ja, ek weet dis al 6 maande later, maar teen die tyd weet julle al ek is agter die tyd met alles). Ek dink volgende jaar doen ons weer die saam-saam ding. ‘n Datum se tussen die 2 verjaarsdag werk net beter. Ons sal maar die een helfte van die tafel dek vir die seuns en die ander helfte vir die dogters. Nie dat ek mooi weet hoe mens ‘n “manhunt”/oorlewing tema kry om te pas by ‘n “Littlest PetShop” een nie. (Jip, dis wat op die oomblik die 2 se planne is, dalk verander dit nog in die volgende paar maande).
Renmotor 7de verjaarsdag
Pienkie-perdjie (of te wel My little Pony) 5de verjaarsdag