DSCF6455

Ons het pas klaar gemaak met “Die Rooi Haan” van Freda Linde. Veral ons oudste het die boek baie geniet. Dit saam met die feit dat ons al soveel ander interessante hoender stories gelees/-luister het, was duidelik ‘n teken dat dit tyd was om bietjie meer oor hoenders te leer. Ons het ook “Diva Veronica“ van Marianna Brandt gelees en geluister na “Hendrik die hoenderhaan” (Daar is ‘n uittreksel van dit hier www.youtube.com/watch?v=sSx-VBmYNqM). Ons het meer oor hoenders gaan leer op http://mieliestronk.com/hoenders.html en sommer ‘n hele klomp hoender gedigte gelees uit DJ Opperman se “Klankies vir kleintjies” en “Kleuterverseboek” en Philip de Vos se “Mallemeule-man”.

DSCF6453

Ons het die hoender lewens siklus gedoen en geloer na prente van die verskillende tipes hoenders (veral die waarvan ons in Die Rooi Haan gelees het).

DSCF6451

Vir wiskunde het ons jongste hoendertjie somme gedoen en ons oudste het meer geleer van die 12 maal tafel. Verder het ons element uit homeschoolshare se “Chicken lapbook” gebruik. Kan jul sien dat ek die tyd van die jaar effe lui is. Al wat ek vertaal het is wat hoor jy. Ek beloof ek sal in die nuwe jaar weer bietjie meer fluks wees.

DSCF6454