28 Nov 2014
Share

DSCF6447

Ons het die oulikste reeks lewende boeke ontdek – Natuurbiblioteek. Wel ons kon nog net 2 van hulle in die hande kry, Die Eekhoring en Die Krimpvarkie. Ons het ‘n rukkie terug ‘n skootboek oor die eekhoring gedoen. En nou een oor die Krimpvarkie. Die storie is so geskryf dat mens soveel oor die diertjies leer. Dan sluit die boek verder af met nog interessante feite oor krimpvarkies. Vir ons knaap was dit vreeslik interessant dat hulle selfs slange kan doodmaak en eet. Terwyl ons pop nie gedink het dat hulle kon swem nie.

DSCF6396 DSCF6392

Hierdie was sommer ‘n lekker rustige skootboek vir die einde van die jaar. Die kinders het klei krimpvarkies gemaak met spaghetti penne (duidelik was ons oudste nog half verlep van ‘n verkoue). Hulle het ook krimpvarkies geknip uit papierborde en ‘n krimpvarkie legkaart gebou. Hulle het krimpvarkies gemeet en ‘n doolhof voltooi.

DSCF6448 DSCF6449

Ons het ook geleer waar hulle in Suider-Afrika voorkom. Verder het ek ‘n paar elemente uit ‘n bestaan lapbook van Homeschoolshare vertaal en die raampie gebruik waarin hulleself iets interessant kon skryf. Die Afrikaanse mini-boekies kan hier afgelaai word – krimpvarkie vrae.

DSCF6450