4

Skrifoefening uit die skrif

23 October 2014
Share

Daar is heelwat boeke en werksblaaie beskikbaar om skrif te oefen. Ek het egter besluit dat die oefen sessies net sowel ‘n dubbele doel kan dien.  Ons gebruik dus Bybel teksverse om skrif te oefen. Wat ‘n waardevolle manier vir die kinders om in die proses ook meer bekend te raak met God se Woord. Al die teksverse steek nie altyd vas nie, maar daar was al van die wat hulle later nog onthou het.

Die soektog na kort verse gaan nog voort, maar hier (skrif oefeninge Bybelteks) is solank 46 verse as begin. Maak gerus voorstelle van nog verse om by te voeg. Ek sal dit met graagte opdateer.