Posts Tagged With: teksverse

Verse oor vrees nie

Stres en bekommernis het so deel van die alledaagse lewe geword dat ons maklik vergeet dat die woord van God ons juis maan om slegs vir God te vrees. So sien ek ‘n ruk terug ‘n Facebook prent dat daar 365 verse (een vir elke dag) is dat ons nie moet vrees nie.

So begin my Bybelstudie op die spoor van die verse. Daar is ‘n boek geskryf “Fearful To Fearless” met 365 verse en daarmee saam ‘n 365 Fear Nots: Verse Of The Day. Self kon ek nog nie al die verse vind nie. Ek het 149 verse gevind plus nog ‘n klompie waar ‘n engel aan die woord is, maar dis nog maar half pad na die volle lys. Lees voort

Categories: Graad 3, Gratis drukstukke, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , , , | Lewer kommentaar

Skrifoefening uit die skrif

Daar is heelwat boeke en werksblaaie beskikbaar om skrif te oefen. Ek het egter besluit dat die oefen sessies net sowel ‘n dubbele doel kan dien.  Ons gebruik dus Bybel teksverse om skrif te oefen. Wat ‘n waardevolle manier vir die kinders om in die proses ook meer bekend te raak met God se Woord. Al die teksverse steek nie altyd vas nie, maar daar was al van die wat hulle later nog onthou het. Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke | Sleutelwoorde: , , | 4 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.