Graad 1

Op ons boekrak 2016

Dis ongelooflik om te dink dat dit al weer tyd is om ‘n nuwe leeslys te begin. (Die vorige jare kan hier gevind word – 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende boeke). Dit bly maar ‘n uitdaging om boeke te vind wat die kinders almal geniet. Kleinsus (2) steur haar nog nie te veel aan die stories nie en speel gewoonlik sommer net in die omgewing of sit op my skoot (en wil blaai voor dit tyd is 😉

Die ouderdomsverskil tussen die 2 oudstes, wat 9 en 7 is, is nie so seer ‘n probleem nie, soos wat die feit dat dit wat meisies en seuns in belangstel hemelsbreed verskil. Ek vind ook dat ons 9 jarige knaap stories begin geniet waarin daar emosionele intriges is. Hy geniet die karakterbou, terwyl ons Pop dit nog hartseer of ontstellend vind. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 3, Ons lees, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , , | 8 Kommentaar

‘n Kwartaal van eksperimente

So het die eerste kwartaal tot ‘n einde gesnel en staan ons al weer op die vooraand van ‘n nuwe kwartaal. Ons het laas kwartaal weer ‘n paar interessante dinge gedoen op ons wetenskap Maandae. Voor die nuwe kwartaal afskop wil ek dit graag met julle deel.

Ons het die jaar afgeskop deur te praat oor hoe ‘n regte eksperiment gedoen word. Dat jy eers kyk wat jy wil toets, dan besluit hoe jy dit gaan toets, wat jy dink gaan gebeur. Daarna volg die eksperiment. Laaste word gekyk wat gebeur het (of dan nou nie gebeur het nie) en hoekom jy dink dit so is. As ‘n voorbeeld het ons gekyk na die spoed waarteen papier helikopters val. Ons het die helikopters van http://paperairplanes.co.uk/heliplan.php en http://www.paperhelicopterexperiment.com gebruik. Die kinders het beurte gemaak om die helikopters te laat val, terwyl van die ander met stop horlosies moes meet hoe vinnig dit val. Telkens het 2 gemeet en dit was ‘n goeie les, omdat hulle kon sien dat elkeen se tye verskil het as gevolg van menslike foute. Ons het ook elke helikopter meer as eenkeer laat val, sodat hulle kon sien dat die omgewing ook ‘n invloed het. Aan die einde het ons gemiddeldes uitgewerk en gekyk watter helikopters die stadigste en vinnigste geval het. Ironies genoeg het die oorspronklike eenvoudige helikopters die stadigste geval. Die beste was toe ek aan die einde vir hulle verduidelik dat aan die einde van ‘n eksperiment mens alles van die begin hipotese tot die resultate en gevolgtrekkings alles moet dokumenteer. Hulle was nie beïndruk met die gedagte dat hulle dit dalk nou moes doen nie. Ons ma’s het lekker gegiggel. Duidelik geniet hulle die doen van eksperimente, maar nie die papier werk deel daarvan nie. Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Uncategorized, Wetenskap Maandae | Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , | Lewer kommentaar

Weer skootboek

Ons is besig om meer te leer van die weer. Die meeste van die leer gebeur eintlik sommer so tussen ons dag se dinge deur. Ons identifiseer wolke en watter weer gewoonlik op hulle volg. Die kinders moet elke dag die weer op ‘n grafiek aandui. Weer en klimaat is so deel van die alledaagse dat mens dit dikwels nie eers oplet nie.

Daar is soveel heerlike dinge om van te leer oor die groot onderwerp. Ons het lank terug ook na weer gekyk en voorheen al ‘n weerkaart gehad.

iPhone10

Ek het meeste van die werksblaaie gekry by http://www.inallyoudo.net/?s=weather, http://www.3dinosaurs.com/wordpress/index.php/free-weather-pack/ en http://www.123homeschool4me.com/2012/04/free-weather-unit-for-ages-3-9.html.

Ek het ook ‘n Afrikaanse weer blokkiesraaisel en weer woordsoek geskep.

Ons gaan nog ‘n rukkie met die weer besig wees. Wie weet dalk volg daar later nog ietsie wat ons kan deel.

Loer gerus na die interessante video oor hoe wolke hul name gekry het.

Categories: Graad 1, Graad 3, Gratis drukstukke, skootboek, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , , , , | 1 Kommentaar

Die kreatiewe muise

IMG_0376

Ek het die 2 ongelooflikse Usborn aktiwiteitsboeke by die biblioteek ontdek. En dit nog op die perfekte tyd, want die woelwaters is juis op die oomblik in die kreatiewe fase. Hulle is konstant besig om prente te teken of goedjies te maak. Ek het al redelik moed op gegee om te probeer om die eetkamertafel snipper-vry te kry. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 3, skootboek, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , | 2 Kommentaar

Van magnete tot ontkiemende sade

Ek was uiters sleg daarmee om die kwartaal die blog op datum te hou. Tog wil ek ‘n vinnige oorsig gee van wat ons op Wetenskap Maandae gedoen het. Van die aktiwiteite/eksperimente het die 2 jariges saam gedoen. Terwyl ander net die kinders tussen 6 en 12 gedoen het.

HTC11.jpg

 

Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Graad R, Tuisonderrig, Uncategorized, Voorskool, Wetenskap Maandae | Sleutelwoorde: , , , , , , , , | 1 Kommentaar

Olimpiades en dinge

Ons knaap is nog altyd gek oor syfers. Hy’s die tipe kind wat by die Playball sou staan en tel hoeveel maats daar is en of die juffrou genoeg vorms uitgesit het. Of die boontjiesakke sou tel en besluit daar is genoeg, sodat elkeen 2 kan kry. Dis net hoe sy kop werk.

Om die rede is ek altyd opsoek na nuwe uitdagings vir hom. Iets lekkers wat sy ratte so bietjie sal laat draai. So het ek toe hy 6 was op die World Education Games afgekom. Daar is ‘n paar dae voor die offisiële Spele wat die kinders die platform beter kan leer ken. Dit word gevolg deur 3 dae van die amptelike Spele. Een vir wiskunde, een vir geletterdheid en een vir wetenskap.  Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 2, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , , | 4 Kommentaar

Kringetjies-en-kruisie somme

Gister vind ek my 6 en 8 jarige pens en pootjies bo-op die tafel besig met ‘n speletjie. Ons knaap het ‘n nuwe speletjie uitgedink en die twee geniet hul gate uit.

Hulle moes eers vir my die speletjie verduidelik. Dit werk op die konsep van kringetjie-en-kruisies waar jy 3 in ‘n ry moet kry. Buiten dat vir die spel moet jy om die beurt op elke blokkie ‘n 1/2/3/4 skryf. Om ‘n ry vol te maak moet die som van die 3 getalle 10 wees. Hulle het ‘n hele bladsy vol van die “somme” gemaak voor ek hulle ontdek het. Wat ‘n vreugde as die oudste die jongste sommer leer. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad R, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , , , | 4 Kommentaar

Vulkaan eksperimente

My kinders was nog altyd gefasineer met vulkane. Ek weet nie werklik hoekom nie. Maar al te gereeld kom die fassinasie uit in hul verbeelding spel.

‘n Ruk terug het ons dus vir ons Wetenskap Maandag ‘n paar eksperimente gedoen wat die werking van ‘n vulkaan verduidelik. Ek ontdek die foto’s gister op my selfoon en wou dit graag deel.

Al die oulike eksperimente kom uit 150 Great Science Experiments

IMAG0966 Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Graad R, Wetenskap Maandae | Sleutelwoorde: , , , , , , , , | 4 Kommentaar

Stokkie en lekkergoed strukture

DSCF8796Vir vandag se wetenskap moes die kinders bietjie kreatief dink. Ek het vir hulle tandestokkies, mini marshmallows en jellietots gegee. Daarmee moes hul ‘n struktuur bou waarop ‘n boek kan lê. Hulle wou al gister begin toe hul hoor dis ons plan vir vandag, maar moes eers geduldig wag. Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Graad 2, Graad R, Tuisonderrig, Wetenskap Maandae | Sleutelwoorde: , , , , , | 2 Kommentaar

Die wonder van kleure

Ons Wetenskap Maandae het weer afgeskop vir die nuwe kwartaal. Die week het ons kleur gebruik om te leer van digtheid en na die interaksie van seep en vette.

HTC5

Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Graad R, Tuisonderrig, Wetenskap Maandae | Sleutelwoorde: , , , , , | Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.