My wêreld het induie gestort. Dit is in elkgeval hoe dit voel. My rekenaar se hardeskyf het gegroet.
Sonder waarskuwing of ‘n ordentlike vaarwel, het hy my net in die steek gelaat.
Onnodig om te sê is alles nie ge’backup’ nie en het ek maande se werk verloor.
Tans werk ek deur die fases van rou. Eers moet ek ‘n nuwe hardeskyf kry en van voor begin. Die stukkies wat ek het bymekaar maak. En dan die moed bymekaar skraap om voor te begin.
Buiten al my kreatiewe werk wat verlore is en admin wat in ‘n absolute nagmerrie ontaard het, voel ek die verlies van al die foto’s en videos van my kinders.
Die digitale kuns van my dogters. Almal se leeslyste. Die take, punte en projekte van my knaap. Die stories waarmee my jong skryfster besig was. Fonts en clipart wat ek bymekaar gemaak het. Drie groot produkte waarmee ek besig was vir my kinders en die winkel.
Als net “poef” weg. Tot niet. Asof dit nooit bestaan het nie.
So as ek tans stadig reageer, weet net ek spook nog sonder my rekenaar. Ek is nie die werk van jou foon af tipe nie. So dit is vir my ‘n geweldige uitdaging. En julle gaan maar geduld moet hê vir nuwe produkte. Ses maande se werk en veel langer se ekstras wat daarin moet gaan is verlore.
O neeee, watter ramp is dit nou!! Dalk kan jy hier en daar iets van jou blog af terugkry, soos bv. die kinders se leeslyste?
Ek is beslis dankbaar dat daar dinge op my blog is en alles dus darem nie verlore is nie. Ongelukkig laai ek gewoonlik eers aan die einde van die jaar hul leeslyste, so als wat die jaar gelees is is verlore. Ons het begin kyk wat hul kan onthou wat hul gelees het, maar dis nie baie volledig nie. Miskien moet ek in die toekoms maar die lyste op die blog as “drafts” hou en net kort-kort bywerk. Dan is daar ‘n tipe “backup” as so iets ooit weer sou gebeur.
Dis ‘n goeie plan!
Hi Lizelle. Vind net bietjie uit by Matrix Warehous of een van daardie IT tipe winkels of iemand dit nie vir jou kan herwin van die hardeskyf af nie. Soms is daar slim mensies wat sulke goed kan reg kry al het die hardeskuif opgepak. Ek het JAAAAAARE terug dieselfd oorgekom toe ek ‘n usb stick verkeerd eject het en so het ons rekenaar ook poef ophou werk. Maar ‘n slimmetjie kon vir ons die data wel herwin van die hardeskyf af. Miskien is jou pannarie dan nie so groot nie. Sterkte, ek weet uit ondervinding!
Dankie vir die raad. Ek het reeds ‘n kwotasie gekry om dit te herwin en ongelukkig gaan die uitgawe eers moet wag. Ongelukkig is dit ‘n baie duur proses om nuwer hardeskywe se inligting te herwin. Ek sal dus maar moet spaar en dan my vingers gekruis hou dat dit wat hulle kan red die uitgawe werd was.