Description
Somme(r) Pret Wiskunde Program
‘n Volledige wiskunde program vir kinders Graad O – 3.
Die Somme(r) Pret Wiskunde Program is heeltemal anders as ander wiskunde produkte op die mark. Dit is eerstens nie ‘n werk-by-‘n-tafel program nie. Dit kombineer speletjies, aktiwiteite en werkvelle om kinders organies en speel-speel wiskunde te leer. Tog bied dit jou as ouer ‘n veiligheidsnet om seker te maak dat al die grondslagfase leerareas wel gedek is.
Dit sluit in:
‘n Volledige uiteensetting oor hoe om wiskunde aan te pak in die grondslagfase saam met u kind.
Inligting om jou as ouer voor te berei om met gemak jou kind wiskunde te kan leer.
Toegang tot ‘n ‘n telegram ondersteuningsgroep.
Vir elke graad is daar 32 weke se werk ingedeel in 4 kwartale van 8 weke elk met 5 dae per week. In die graad boeke is elke week ingedeel as volg:
Dag 1: ‘n Aktiwiteit
Dag 2: Getal van die week
Dag 3: Fokus op probleemoplossing
Dag 4: ‘n Werksvel
Dag 5: ‘n Speletjie
‘n Voorbeeld week vir elke graad is beskikbaar by:
Graad O week 1
Graad 1 week 1
Graad 2 week 1
Graad 3 week 1
Saam met die volledig program vir graad O tot 3 kom ‘n bonus indeks waar al die werk ingedeel is in leerareas per graad, sodat ouers self werk kan kies vir die leerareas waaraan hulle voel meer aandag gegee moet word. Die indeks kan ook gebruik word indien jy eerder self ‘n doelgemaakte program vir jou kind(ers) wou saamstel. Daar in is die 181 werksvelle, 50 Aktiwiteite en 51 Speletjies wat in die graadboekies gebruik is.
Neem asseblief kennis dat die graad O tot 3 wiskunde produkte (wat apart ook te koop is in die aanlyn winkel) deel uitmaak van die program en dus nie afsonderlik ook gekoop hoef te word nie.
Reviews
There are no reviews yet.