NUK was so gaaf om vir my hul nuwe Freestyle fopspeen en Baba bottel skoonmaakmiddel te stuur om uit te toets. Met die magdom menigte baba produkte daar buite is dit altyd handig om eers ‘n toetsloop te kan maak voor jy begin koop. Veral aangesien daar al weer 4 jaar verloop het vandat ons die baba-dril gedoen het. En glo my in daardie tyd het daar ‘n hele klomp nuwe produkte uitgekom (en van die oues is nie meer beskikbaar nie).