‘n Ruk terug het ek met julle die Rogbrood sonder gis resep gedeel en beloof om dit vir 1 brood aan te pas. Wel hier is dit nou uiteindelik.
Ons eet nie so vreeslik baie brood nie en daarom werk die enkel resep vir my beter. Die brood bly nie so lank soos brood met gis in vars nie. Dus bak ek eerder meer gereeld 1 op ‘n slag. Soos ek laas genoem het smaak dit baie anders as brood met gis in, maar ek hou van die sagter tekstuur. Dit maak dit meer geskik vir braaibroodjies. Lees voort