Posts Tagged With: gluten-vry

Sjokolade lynsaad muffins

Ek het die Chocolate Coconut Muffins resep aangepas om van lynsaad (vlassaad) gemaak te word. Die kinders is mal daaroor. My weergawe bevat geen meel nie. Ek wil eerder nie weet hoeveel kilojoules een van die muffins is nie, veral aangesien ons hulle inryg. Maar dis darem meestal gesonde vette en die 3 rakkers is verseker nie op ‘n dieet nie.

Recently Updated

Lees voort

Categories: Bak en brou | Sleutelwoorde: , , , , , , | 7 Kommentaar

Bakpoeier plaasvervanger

Ek wonder dikwels wat ek sonder die internet sou gemaak het. As ek nie besig is om idees te soek om die kinders mee besig te hou of skoolwerk/inligting vir hulle iewers af te laai nie, dan is ek besig om ‘n nuwe resep uit te toets of sommer net iets interessant op te soek.

‘n Nuwe groot gunsteling webwerf in ons huis is http://www.glutenfreehomemaker.com/. Ek het nou al ‘n paar van haar resepte uit getoets en almal was heerlik! Ek wens ek kon die ontdekking 7 jaar terug gemaak het. Dit sou ons oorgang na ‘n koring vrye dieet darem heelwat makliker gemaak het. Lees voort

Categories: Bak en brou | Sleutelwoorde: , , , | 7 Kommentaar

Blog at WordPress.com.