7

Sjokolade lynsaad muffins

9 January 2015
Share

Ek het die Chocolate Coconut Muffins resep aangepas om van lynsaad (vlassaad) gemaak te word. Die kinders is mal daaroor. My weergawe bevat geen meel nie. Ek wil eerder nie weet hoeveel kilojoules een van die muffins is nie, veral aangesien ons hulle inryg. Maar dis darem meestal gesonde vette en die 3 rakkers is verseker nie op ‘n dieet nie.

Recently Updated

Dit maak 12 klein of 6 groot muffins

1 1/2 k gemaalde lynsaad (vlassaad – flax/linseed) (ek maal die sade sommer in my koffiemeul)
1/4 k mielieblom
1/4 k kakao
1 k klapper
1/2 k suiker
7.5ml (1/2 e) koeksoda
1 t sout
2 eiers
1 k melk
1/4 k olie (verkieslik klapperolie, maar gewone kookolie werk ook)
1 e asyn
1 t vanielje

Voorverhit oond na 180 grade Celsius

Meng melk, olie, eiers en vanielje saam.

Voeg die droë bestanddele by en meng soos wat jy dit byvoeg.

Gooi in muffin pan en bak vir 20 minute tot gaar.

Laat dit afkoel vir 5 minute voor jy dit uit die pan haal.

 

DSCF6958

Ek is nou nie ‘n Banter nie, so ek weet nie wat alles op die dieet toe gelaat word nie. Tog het ek gewonder of die nie dalk vir julle geskik sal wees nie. Sal interessant wees om te hoor of dit so is of nie. Laat weet gerus.