21 January 2015
Share

Dit is weer die begin van ‘n nuwe skooljaar en tyd om dit te vier! Laas jaar het ons ‘n mors partytjie gehad. Hierdie jaar het ‘n reënboog in ons tuin neer gestort. Of was dit verfblikke wat ontplof het?  Hmm, dalk moet ek eerder sê dat hulle gemors het met verf, hope verf. Hulle het geverf op ys, met ys, teen die vensters, op die plaveisel, op papier en op hulself!

Die kinders sien nou al so lank uit na die partytjie. Van hul maats van laas jaar wou sommer vroeg-vroeg al weet wanneer ons die jaar dit gaan doen en wat ons die keer beplan.

Ek het inspirasie gekry vir al die pret op http://learnplayimagine.com/. Dit was nogal ‘n taak om tussen al die baie idees net ‘n paar te kies.

20155

Ons het begin deur te verf met ysblokkies. Van die kinders het kleur eksperiment gedoen om te sien hoe die kleure meng, terwyl ander prente met die ysblokkies geteken het. Heel party het regtig mooi uit gekom.

DSCF7134

‘n Paar dae voor die partytjie het ons die ysblokkie verf probeer en toe dit droog was met olie pastel oor dit geteken. Dit maak die ongelooflikste agtergrond. Ek het sommer die blokkies wat oor gebly het van die partytjie gebêre, sodat ons op ‘n ander dag weer kan speel.

DSCF7024

 

Aangesien hulle klaar besig was met ys het hulle volgende geverf op ys. Dis bloot blokke ys met sout op waarop hulle dan kleursel drup. Wat ek wel besef het is dat die voedselkleursel te gekonsentreerd is. As ons dit ooit weer doen sal ek dit bietjie verdun met water voor die tyd.

20156

Daarna was die plaveisel aan die beurt. Die peuters het heerlik saam gemors met die verf. Die groot verrassing wat ons gebêre het tot hul klaar geverf het was dat daar koeksoda in die verf was. Dus toe hulle die prente met asyn gesproei het het dit gebruis.

20157

Teen die tyd het selfs die hond gelyk asof sy deel geneem het aan die partytjie pret.

DSCF7085Vir laaste het ek die gewilde gloopy gloop van laas jaar gebêre. Van die seuns het besluit hulle gaan nie eers begin met prente verf nie. Hulle gaan sommer dadelik net weg spring en hulself daarmee verf. Dit was laas jaar te heerlik om te voel hul velle styf word wanneer die gloop droog word. So staan daar toe rye kinders op ons grasperk, besig om hul gloop lywe droog te bak!

20158

Dit het heelwat oortuiging gekos om hulle deur die sproeiers te kry om darem net die ergste af te was voor almal huis toe is.

 

DSCF7133

Heel teen die einde het die wat nog nie genoeg van kleur en verf gehad het nie ons skuifdeur versier.

Ons knaap se enigste klagte? Die pret was heeltemal te vinnig verby!

Vertel bietjie van julle eerste skooldag die jaar of dalk een baie jare terug wat jou steeds by bly.