Posts Tagged With: partytjie

Hindernis partytjie

Jy weet jou knaap word groot as hy nie meer bekommerd is oor hoeveel lekkergoed op sy verjaarsdag partytjie is nie, maar eerder wat hulle alles gaan doen. Hy’s ‘n groot Bear Grylls aanhanger en wou graag ‘n oorleef partytjie gehad nie. Na baie kop krap het ons besluit om eerder ‘n hindernis baan vir hulle te bou. 8 uitnodiging Al die beplanning vir wat hulle alles sou moes doen was ‘n groot deel van die opwinding. Hy het met meeste van die idees vorendag gekom. Gelukkig het ek ‘n oulike sus wat my kon help om ‘n uitnodiging te maak so na sy hart. DSCF7671 Met aankoms moes die kinders gaan soek vir weggesteekte legkaartstukke. As hul ‘n stukkie gevind het kon hul kom vir gesig verf. Die nommer van die stuk het ook bepaal hoeveelste hulle deur ons hindernisse kon gaan die eerste keer. Natuurlik het kon hul een van die stukkies net glad nie vind nie. Die het eers dae later uit die vyeboom gekom. DSCF7874 Daarna het ons knaap vir hulle die baan gewys. Die kinders moes eers deur toue loop, dan oor ‘n balanseer balk, daarna spring in hulahoops, dan in ‘n sandsak spring om ‘n boomstomp, kruip onder deur toue, ‘n waterballon stukkend gooi in die hoek, bo-oor 2 tafels klouter, onder deur ‘n bos (die kinders noem die arme arme boompie – ek kon nog nooit agter kom hoekom nie, deur ‘n tonnel kruip, onder deur ‘n paal en laastens monkey bar tot by die begin punt. DSCF7900DSCF7905DSCF7908 DSCF7899Na al die opwinding kon hy die kersie op sy Bear Grylls mes koek blaas. Hy het self besluit hoe die koek moes lyk en soos gewoonlik moes ek spook om iets gemaak te kry wat lyk soos dit in sy kop. Dit is die mes wat ek moes probeer maak, en my poging: gerber-bear-grylls-paracord-knife-31-001683-large DSCF7921 Ek is seker dit is die partytjie met die minste eetgoed wat ons nog gehou het. Maar volgens hom was dit sy lekkerste verjaarsdag nog. Hulle het soveel pret gehad dat ons heeltemal vergeet het om die roomys uit te bring. En die was die enigste ander bestelling vir sy verjaardagpartytjie – stokkie roomys. (Gelukkig was sus se verjaarsdag om die draai en het die maats dit maar toe geëet) DSCF7876

Categories: Bak en brou | Sleutelwoorde: , , | 7 Kommentaar

Reënboog partytjie

Dit is weer die begin van ‘n nuwe skooljaar en tyd om dit te vier! Laas jaar het ons ‘n mors partytjie gehad. Hierdie jaar het ‘n reënboog in ons tuin neer gestort. Of was dit verfblikke wat ontplof het?  Hmm, dalk moet ek eerder sê dat hulle gemors het met verf, hope verf. Hulle het geverf op ys, met ys, teen die vensters, op die plaveisel, op papier en op hulself!

Die kinders sien nou al so lank uit na die partytjie. Van hul maats van laas jaar wou sommer vroeg-vroeg al weet wanneer ons die jaar dit gaan doen en wat ons die keer beplan.

Ek het inspirasie gekry vir al die pret op http://learnplayimagine.com/. Dit was nogal ‘n taak om tussen al die baie idees net ‘n paar te kies.

20155 Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 2, Graad R, kleuter, Kunsvlyt, peuter, Voorskool | Sleutelwoorde: , , , , , | 8 Kommentaar

Shaun the sheep partytjie

Ellard en Salomie se Shaun the Sheep partytjie was toe vet pret. Daarby het ek nie die jaar nodig gehad om rond te skarrel vir foto’s nie. Van ons vriende, Julian en Arnien (van Julian Kruger Fotografiese Dienste) was so oulik om vir my foto’s te neem! Hier is so ‘n paar van my eie tussen in, maar die groot gros het hulle geneem, waaroor ek vreeslik dankbaar is. Lees voort

Categories: Bak en brou, Die woelwaters | Sleutelwoorde: , , | Lewer kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.