Jy weet jou knaap word groot as hy nie meer bekommerd is oor hoeveel lekkergoed op sy verjaarsdag partytjie is nie, maar eerder wat hulle alles gaan doen. Hy’s ‘n groot Bear Grylls aanhanger en wou graag ‘n oorleef partytjie gehad nie. Na baie kop krap het ons besluit om eerder ‘n hindernis baan vir hulle te bou. Al die beplanning vir wat hulle alles sou moes doen was ‘n groot deel van die opwinding. Hy het met meeste van die idees vorendag gekom. Gelukkig het ek ‘n oulike sus wat my kon help om ‘n uitnodiging te maak so na sy hart. Met aankoms moes die kinders gaan soek vir weggesteekte legkaartstukke. As hul ‘n stukkie gevind het kon hul kom vir gesig verf. Die nommer van die stuk het ook bepaal hoeveelste hulle deur ons hindernisse kon gaan die eerste keer. Natuurlik het kon hul een van die stukkies net glad nie vind nie. Die het eers dae later uit die vyeboom gekom. Daarna het ons knaap vir hulle die baan gewys. Die kinders moes eers deur toue loop, dan oor ‘n balanseer balk, daarna spring in hulahoops, dan in ‘n sandsak spring om ‘n boomstomp, kruip onder deur toue, ‘n waterballon stukkend gooi in die hoek, bo-oor 2 tafels klouter, onder deur ‘n bos (die kinders noem die arme arme boompie – ek kon nog nooit agter kom hoekom nie, deur ‘n tonnel kruip, onder deur ‘n paal en laastens monkey bar tot by die begin punt. Na al die opwinding kon hy die kersie op sy Bear Grylls mes koek blaas. Hy het self besluit hoe die koek moes lyk en soos gewoonlik moes ek spook om iets gemaak te kry wat lyk soos dit in sy kop. Dit is die mes wat ek moes probeer maak, en my poging: Ek is seker dit is die partytjie met die minste eetgoed wat ons nog gehou het. Maar volgens hom was dit sy lekkerste verjaarsdag nog. Hulle het soveel pret gehad dat ons heeltemal vergeet het om die roomys uit te bring. En die was die enigste ander bestelling vir sy verjaardagpartytjie – stokkie roomys. (Gelukkig was sus se verjaarsdag om die draai en het die maats dit maar toe geëet)
Basket
Blog Artikels:
Blog Artikels:
Argief
Volg my
Kontak my
Volg my Blog via e-pos subskripsie
Join 176 other subscribers.
Kliënte Terugvoer
Kliënte Terugvoer:
Kliënte Terugvoer
"Ek wil sommer net getuig van hoe baie my kinders die wiskunde pret boeke geniet het...vir die eerste keer was wiskunde 'n plesier! Dit was vir hulle soveel pret en uitdagend tegelyk. Ek't sopas die robot pak uitgedruk, en hulle wil dit sommer dadelik doen!" - Corne
Oo, dit lyk heerlik! My skoondogter in die Kaap hou ook sulke vindingryke partytjies – doen, eerder as eet! Dis verseker ‘n wengedagte. Umm – weet nie wie/wat Bear Grylls is nie, maar daai mes lyk honderd!
Bear het ‘n oorleef reeks Ultimate Survivor op Discovery. Dis net seuntjies wat dink dis “cool” om allerhande grillerige goed te eet om te kan oorleef.
Deesdae is daar soveel plekke wat oulike doen partytjies aanbied, maar sjoe die pryse slaan my asem weg.
Dit lyk na ‘n heerlike partytjie. Ons het eendag ‘n speurder -speurder partytjie gehou. Die kinders moes van bakboord na stuurboord deur die erf loop op soek na leirade. By elke leidraad is ‘n raaisel gegee wat gelei het to die volgende leiraad, tot hulle uiteidelik by die Den uitgekom het en die waatlemoen gevind het en ander eetgoed.. Hullew het opgedaar met speuderjasse, vergroortglase sonbrille en hode , en die hele speurder-speurtder speletjie baie geniet.
O, dit klink soos ‘n heerlike idee. Moenie verbaas wees as ons dit een of ander tyd dief nie 😉
Ek het hier ook al gesien – as die kinders hul-self kan besig hou met aktiwiteite, klim en klouter, ens. dan vergeet hulle van eetgoed en geniet hul-self net gate uit.
Baie geluk aan jou grootman (en kleinsus) en mag hulle jaar geseënd wees.
Baie dankie. Nou is dit darem ‘n ruk voor ek moet begin beplan aan kleinsus se 2de verjaarsdag. Ons klomp krap nog kop vir ‘n tema.