4

Blom partytjie

6 May 2015
Share

Elke jaar is dit nogal ‘n storie om ‘n partytjie tema vir ons Pop te kies. Sien elke 2de dag verander sy van plan en kom met iets heeltemal nuuts vorendag. Die jaar was nie juis anders nie, maar na ‘n groot gekop krap het ons besluit op ‘n blom tema. Sy is en was nog altyd gek oor blomme. Vandat sy kon loop dra sy blomme vir almal aan.

6 UitnodigingEk het gedink aan vrolike bont blomme, maar sy wou alles in pienk en pers gehad het. En die klein dame het nog altyd geweet wat sy wou hê. So sit sy ook ‘n bestelling in vir ‘n tutu rokkie vir haar en kleinsus vir die partytjie. Sy het self die materiaal, katoengaring en selfs watter steke ek moet hekel gekies. Gelukkig het sy ‘n goeie oog, want anders kon dit dalk op ‘n ramp afgestuur het.

DSCF9540Die oggend van die partytjie wou die weer egter nie saam speel nie. Dit was sommer koud en die uiteinde was dat sy ‘n toppie bo-oor haar rokkie aangetrek het. Die rok is ook net die eerste stuk van die partytjie gedra, want mens kan nie met ‘n tutu boom klim nie!

DSCF9492Die grootste pret was om al die blomme vir die versierings te verf. Ons het dit met pers en pienk gekleurde ysblokkies geverf. Dis ‘n idee wat ons ontdek het toe ons die begin van die jaar reënboog partytjie gehou het. Die verf was die lekker deel. Die uitknip van al die blomme ‘n heel ander storie. Ek moet erken dat ek nie vir ‘n hele ruk enige blom wil uitknip nie.

DSCF9491

En anders as Ouboet se hindernis partytjie vol rond hol, was hierdie ‘n heerlik rustige “vreedsame” partytjie. Net so in die verjaarsdag nooi se kraal. DSCF9494

Ten spyte van die koue weer het dit nie die kinders gekeer om ysies EN roomys te eet nie. Die roomys was die wat ons nog met Ouboet se partytjie in die vrieskas vergeet het. Dankie tog vir maatjies wat my die keer mooi kom herinner het, sodat ons nie weer vergeet het nie.  DSCF9508DSCF9500DSCF9523