Ons het vandag ons laaste wetenskap Maandag gehad. Sommer so op ons eie as gevolg die vakansiedag. Ons gaan nie ophou met die eksperimente saam met hul maats nie. Dit skuif net, omdat ons ander aktiwiteite die kwartaal geskuif het. Dit word dus nou Wetenskap Dinsdae. En ek hoop dat ons nog ‘n hele klompie lekker dinge saam sal doen.
Vandag het ons bietjie meer van water en sy eienaardige eienskappe geleer.
Ons het gekyk hoe lig anders beweeg deur lug as water en voorwerpe dus gebuig en groter voorkom as jy daarna kyk.
Ons het ook gekyk hoe voorwerpe gespieëlbeeld kan word as jy deur water daarna kyk. Die afstand van die voorwerp maak egter ‘n verskil. As dit naby die glas is lyk dit net groter, maar die beelde is nog in dieselfde rigting. Skuif jy egter die bladsy met pyle verder terug, dan verander die rigting waarin die pyle wys. As mens dus deur water kyk is sien nie glo nie.
Ons het gekyk na oppervlak spanning. Koljander dryf redelik eweredig in die water. Druk mens ‘n vinger in bly dit dieselfde. Druk jy egter jou vinger eers in skottelgoed seep en dan in die water, spat die koljander na die rante.
Die lekkerste eksperiment was egter om te kyk hoe hitte altyd styf. Ons het koue water blou gekleur en kookwater rooi in tot glasies. Ons het toe eers ‘n blou glasie op ‘n rooi een om gedop (deur ‘n kaart bo-op te sit voor jy dit om dop en dit dan versigtig uit te trek – nie dat ek nie steeds gemors het nie). Die water meng dadelik en raak diep pers, omdat die warm water dadelik styg en die koue water daal.
Volgende het ons ‘n rooi glasie op ‘n blou een om gedop. Die keer bly die 2 kleure apart. Die warm water bly mooi bo en die koue water mooi onder. Mens sien natuurlik dieselfde verskynsel met warm en koue seestrome.
Laaste het ons die gedistilleerde water eksperimente probeer. Die was nie juis ‘n sukses nie. Die water is veronderstel om dadelik te vries as jy dit hard skud. Dit het ys kristalle binne die houer gevorm, maar nie heel gevries nie. Daarna het ons nog op ‘n ysblokkie gegooi. Dit is veronderstel om te vries soos dit die blokkie tref en ‘n toring te maak, maar dit het ‘n vloeistof gebly.
Natuurlik moes ons toe die water temperatuur meet. Die water is veronderstel om 0 grade Celsius te wees, ons water was egter net 2.2 grade. Dit het egter reeds begin vries, so ons kon dit nie langer in die vrieskas hou nie. Yswater is veronderstel om 0 grade te wees. Hoekom die dus effe warmer was het ek geen idee nie? Dalk vind ek iewers uit wat ons verkeerd gedoen het en probeer dit weer.
A-nee-a watse gewerk is dit op ‘n vakansiedag
Dis mos pret, nie werk nie 🙂