Tydens die vakansie was daar nou nie kunstige Maandae nie, maar dit beteken nie dat die kinders nie met hul eie projekte vorendag gekom het nie. Ek wil sommer met julle ‘n paar van die dinge deel wat hulle uitgedink en gemaak het.
Ons 8-jarige is op ‘n konstruksie fase. Hy wou vir sy verjaarsdag graag gereedskap en “sticky tape” gehad het. En het hy nou al aanmekaar gesit en geplak met die! Kloksgewys van bo links is ‘n toring huis waarmee hy nog besig is, ‘n boekmerk monster, ‘n gereedskapkis vir al sy nuwe gereedskap en laaste ‘n monster kar.
Sus wat pas 6 geword het is weer gek oor teken en verf. Kloksgewys van bo links is ‘n sebra, ‘n boom met blomme, ‘n prinses, ‘n olifant (wat kleinsus beet gekyk het), ‘n monster en ‘n skoenlapper wat kan “regop loop”.
Nog van haar papierbord en karton skeppings: ‘n gemmerkat masker, ‘n blom, ‘n kuiken kaartjie vir haar gimnastiek afrigter en ‘n sand en gom skoenlapper.
Kleinsus, wat nou ‘n jaar en ‘n half is, wil deesdae net saam verf en teken. Meestal nog op haarself. Of as sy ‘n halwe kans kry op die ander 2 se werk of prente. Soos haar groen geskribbel op Grootsus se olifant.
Dit maak nogal oulike prente as mens eers met gom ‘n prentjie teken en dan oor dit verf met waterverf.
Die oudste 2 het ook die “foam art” projek baie geniet. En kleinsus het dit geniet om weer die plakkers af te trek.
Maar natuurlik hoef konstruksie nie net uit karton en herwinde materiaal te bestaan nie. Dis net soveel pret om ‘n skuiling in die tuin te bou. Dit maak immers ‘n heerlike speelplek.
Oulik maar … hulle moet ook leer dat vakansiedae daar is vir NIKS DOEN!
Hie-hie. Nee, die was nog tydens die week vakansie. Maar van niks doen weet hulle in elk geval nie. Hulle vind altyd iets om hulle mee besig te hou.
Slawedrywer!