Posts Tagged With: eerste skooldag

Reënboog partytjie

Dit is weer die begin van ‘n nuwe skooljaar en tyd om dit te vier! Laas jaar het ons ‘n mors partytjie gehad. Hierdie jaar het ‘n reënboog in ons tuin neer gestort. Of was dit verfblikke wat ontplof het?  Hmm, dalk moet ek eerder sê dat hulle gemors het met verf, hope verf. Hulle het geverf op ys, met ys, teen die vensters, op die plaveisel, op papier en op hulself!

Die kinders sien nou al so lank uit na die partytjie. Van hul maats van laas jaar wou sommer vroeg-vroeg al weet wanneer ons die jaar dit gaan doen en wat ons die keer beplan.

Ek het inspirasie gekry vir al die pret op http://learnplayimagine.com/. Dit was nogal ‘n taak om tussen al die baie idees net ‘n paar te kies.

20155 Lees voort

Advertisements
Categories: Graad 1, Graad 2, Graad R, kleuter, Kunsvlyt, peuter, Voorskool | Sleutelwoordw: ,,,,, | 8 Kommentaar

‘n Onvergeetlike eerste skooldag

Vir vele kinders skop die skool jaar af met eerste-skooldag-foto’s, nuwe skryfbehoeftes, nuwe onderwysers en vele meer. Op die tuisonderrig front lyk dinge egter effe anders. Al te dikwels is daar immers nie eers ‘n eerste dag van “skool” nie, want elke dag is nog ‘n dag vir leer en ontdek.

Tog is daar steeds vele maniere om die aanvang van die nuwe jaar te vier en mooi herinneringe te skep. In ons huis was die aanvang van 2014 ‘n groot hoogtepunt met ons oudste wat graad 1 begin het. Ons het die nuwe fase ingelyf met ‘n heerlike mors partytjie.

DSCF4605-1 Lees voort

Categories: Graad 1, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,, | 9 Kommentaar

Graad 1 hier kom ons

Laas jaar met die afskop van die graad R jaar was ek baie bewus van alles wat ons en ons knaap op uit mis, omdat hy nie in die skool is nie. Die eerste skooldag foto wat al wat leef en beef op Facebook laai, die eerste atletiek en en en. Daardie tyd het ons besluit daar is ander goed waarop hy gelukkig ook uit mis, soos lang skool dae, baie stil sit, groepsdruk en meer.

Nou ‘n jaar later het ek nuwe wysheid ontdek en die nuwe skool jaar is vir ons ‘n groot lekkerte. Dit is waar dat daar goed is wat ons “graad eentjie” mis loop, maar die teendeel is ook waar. Daar is baie goed wat skool graad 1’s misloop, omdat hulle nie tuis is nie. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Graad 1, Tuisonderrig | Sleutelwoordw: , | 4 Kommentaar

Blog at WordPress.com.