4

Graad 1 hier kom ons

23 January 2014
Share

Laas jaar met die afskop van die graad R jaar was ek baie bewus van alles wat ons en ons knaap op uit mis, omdat hy nie in die skool is nie. Die eerste skooldag foto wat al wat leef en beef op Facebook laai, die eerste atletiek en en en. Daardie tyd het ons besluit daar is ander goed waarop hy gelukkig ook uit mis, soos lang skool dae, baie stil sit, groepsdruk en meer.

Nou ‘n jaar later het ek nuwe wysheid ontdek en die nuwe skool jaar is vir ons ‘n groot lekkerte. Dit is waar dat daar goed is wat ons “graad eentjie” mis loop, maar die teendeel is ook waar. Daar is baie goed wat skool graad 1’s misloop, omdat hulle nie tuis is nie.

Sien ons kan die skooljaar stres vry begin (wel miskien nie heeltemal nie, want ‘n ma sal maar altyd wonder of sy genoeg doen, of ons die regte dinge leer, ens)-  Vir die kinders is dit egter heel stres vry. Geen huiswerk en boeke oortrek. Geen oggend verkeer. Geen vroeg oggend chaos en duur skool klere. En so ver die hoogtepunt die heerlik “mors partytjie” waarmee ons die jaar af geskop het (maar meer daaroor later).

Gepraat van oggend chaos. Wanneer meeste ma’s nog rond skarrel soggens om kinders betyds by die skool te kry, is ons al besig met ons eerste “les”. Sien met ‘n baba in die huis gebeur dinge op sy eie manier. Hier “leer” die woelwaters terwyl kleinsus slaap. Wat beteken dat ons eerste sessie dikwels 7 uur soggens net na ontbyt en dikwels sommer op die ontbyt toonbank is. Die van julle wat al lank hier lees sal weet dat dit ons knaap uitstekend pas. Dit is die tyd van die dag wat hy die graagste leer, dit en hier teen 4/5 uur smiddae. Gewoonlik was dit vir my nogal ‘n uitdaging as ek nog slaap dronk is en hy al wil wegspring. Maar die jaar het kleinsus my immers al vroeg-vroeg wakker, so teen die tyd dat die rakkers wakker en geëet is, is ek darem ook al uit die slaap newels.

Die nuwe sisteem werk te lekker vir die 2, want natuurlik slaap kleinsus net kort rukkies. So voor hulle moeg geleer raak is dit alweer tyd vir speel. Die enigste probleem hiermee is dat ek bitter min tyd bedags kry vir alles wat in die huis gedoen moet word. Gelukkig help die rakkers my baie. Saans as die 3 dus uiteindelik hier teen 8 uur tot rus kom, begin ek skarrel om te verseker dat die nodigste gedoen word. Vir my is dit ‘n nuwe konsep. Gewoonlik het ek saans saam met manlief vir ‘n uur of wat ontspan (en ‘n stukkie gehekel). Ek is egter seker vir die werkende ma’s is dit ‘n daaglikse realiteit.

Maar terug by ons eerste skooldag. Die jaar het ons die dag benut om die biblioteek te bestorm (en die nuwe stil oggende benut). Ons het heerlike boeke uit geneem. Onder andere Marianna Brandt se “Magrietjie swaaiboude” en “Diva Veronica”. Die 2 geniet die 2 stories vreeslik en kan nie wag vir elke kansie wat ons kry om dit verder te lees nie.

DSCF4568 DSCF4564

Ons het ook weer gekyk hoe die “blom kos” groei. Die keer het ek blokkies daarvan raak geloop en nie die klein balletjies nie.

Ek het vir elkeen ‘n nuwe legkaart gekry en ons het te heerlik legkaart gebou. Die bul het sy eerste 200 stuk legkaart gebou. Met hulp natuurlik. Dit was nogal ‘n uitdaging vir hom. Tot nou toe het hy net 100 stuk en kleiner legkaarte gebou. En kleinsus het ‘n 100 stuk gedoen.

DSCF4559 DSCF4557

‘n Heerlike rustige afskop vir 2014. Ek kan nie wag om te sien wat die 2 alles die jaar gaan leer en baas raak nie.