Ons het die jaar af geskop met ‘n heerlike “mors partytjie”. Hopelik word hierdie ‘n nuwe tradisie om elke skool jaar op ‘n prettige manier te begin.
Nou wat is ‘n mors partytjie mag jy vra? Wel dis ‘n verskoning om lekker te mors natuurlik! En het die kinders nie te heerlik gemors nie!!!
Ek het vir hulle ballonne vol water gemaak om te kyk wie kan die die beste vang. Die opgewondenheid was egter te groot. Voor ons nog met dit kon begin het die kinders klaar mekaar daarmee nat probeer gooi.
Daarna het die groot mors begin. Ek het so 10l jellie aangemaak van gelaktine en kleursel en toe glaskrale daarin gegooi. Die kinders moes toe in die jellie krap om te kyk wie die meeste krale kan vind. Almal was mal oor die krap in die glibberige koue mengsel. Ons moet net mooi praat hom hulle uit die jellie te hou, sodat almal darem ‘n krap kans kon kry.
Daarna het hulle in ‘n mielieblompap-mengsel (gloopy gloop soos die kinders dit noem) prentjies geteken. Ek het 5l water met 250g mielieblom gemeng en verhit tot dit dik geword het die vorige dag. Die seuns het dit die heel meeste geniet. Hulle het hulle hele lywe besmeer met die gloop. Dit was blykbaar te heerlik om te voel hoe hul vel styf word soos die mengsel droog geword het.
Om seker te maak hulle is goed vuil, het hulle toe in skeerroom op die “slippy slide” gegly. Waarna ons die water oop gedraai het, sodat hulle die ergste kon afspoel.
Natuurlik was daar sappige waatlemoen vir hulle om aan te smul. Lekker speel maak mens mos lekker honger en dors. Lank nadat die meisies vensters sketse begin maak het, het die knape nog in die sproeiers rond gehardloop.
Ek hou van hierdie idee! Geniet die res van julle jaar!
Dankie, Elize. Alles van die beste vir julle jaar ook!
Dankie!
Dit lyk baie lekker! Waar het jy die ‘slippy slide’ gekry? Ek wil ook die skeurrrom ding doen volgende week met ons ‘S’ letter tema. Wonderlike jaar vir julle!
Ek het dit die vorige somer sommer by Checkers gekoop, maar ek weet Reggies verkoop soort gelykes steeds.
Hoop julle het heerlike pret volgende week met die skeerroom.
Dankie! 🙂