Posts Tagged With: sjokolade

Vlytige Vrydae

Ons het die jaar begin met Vlytige Vrydae eenkeer ‘n maand saam met maats. Ons hou die groepie klein met ongeveer 6 kinders wat saam goedjies maak (plus natuurlik boeties en jonger sibbe wat speel terwyl hulle besig is). Die meisies (en soms hul boeties) ontdek saam verskillende vorme van kunsvlyt. Dis ‘n heerlike informele, goedkoop manier om nuwe dinge te ontdek en die klomp meisiekinders kuier heerlik om die tafel terwyl hul werk.

iPhone1

Lees voort

Categories: Kunsvlyt, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , , , , | 1 Kommentaar

Sjokolade lynsaad muffins

Ek het die Chocolate Coconut Muffins resep aangepas om van lynsaad (vlassaad) gemaak te word. Die kinders is mal daaroor. My weergawe bevat geen meel nie. Ek wil eerder nie weet hoeveel kilojoules een van die muffins is nie, veral aangesien ons hulle inryg. Maar dis darem meestal gesonde vette en die 3 rakkers is verseker nie op ‘n dieet nie.

Recently Updated

Lees voort

Categories: Bak en brou | Sleutelwoorde: , , , , , , | 7 Kommentaar

Maklike trippel sjokolade fudge

‘n Ruk terug kom ek op ‘n maklike reënboog fudge resep af. Ons kon natuurlik nie wag om dit uit te toets nie. Die fudge het 5 kleure en nadat ek na die bestanddele geloer het het ek besluit 2 blikke kondensmelk en amper ‘n kilo witsjokolade gaan dalk ‘n raps te veel fudge wees vir ons 4 siele. Nie dat ons dit nie sou verorber nie, net dat dit nie aan te beveel is vir my heupe nie. Lees voort

Categories: Bak en brou | Sleutelwoorde: , , | 2 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.