Posts Tagged With: rogbrood

Rogbrood sonder gis

Dis nou al ‘n wyle terug wat ek begin lees het oor die feit dat kitsgis nie baie gesond is vir mens nie. So saam met dit het ek begin loer na suurdeeg brood en die gebruik van Kefir. Dit lyk nie te moeilik nie, maar dis tog ‘n langer proses as om met gis te bak. En so bly ek uitstel om met die resepte te begin eksperimenteer. Eintlik is die groot gelol dat ek nie tyd maak om te gaan soek vir daai Kefir nie. Iewers sal ek moet plan maak!

Intussen het ek uit nood die bakpoeier plaasvervanger ontdek en dit het my laat dink. Ek het immers al gesien hoe ‘n bietjie koeksoda of kakao help om ons brood beter te laat rys. Is dit nie dalk moontlik om die gis heel te vervang met die koeksoda en asyn nie?

En so begin ek toe eksperimenteer. Die eerste probeer slag was ek heeltemal te oorgretig. Die brood rys vir ‘n vale, maar smaak oes van die koeksoda. Dit het nog ‘n paar keer se verstellings gekos, maar deesdae bak ek sonder gis.

DSCF6431 Lees voort

Categories: Bak en brou | Sleutelwoorde: , , , | 1 Kommentaar

Koring vrye rogbrood

Dis nou al ‘n geruime tyd dat ek al ons rogbrood self bak. Ek het begin in ‘n broodmasjien, maar vind dit nou baie makliker en vinniger om dit sommer in die oond te doen.  Mettertyd het die resep ook verander en ek dink dis dalk tyd dat ek die nuutste weergawe deel. Ons het uiteindelik ‘n rogbrood wat nie so swaar is nie en heerlik uitreis. Die resep is effe buigbaar, sodat dit nie elke keer presies dieselfde is en ons moeg raak om dit te eet nie. Lees voort

Categories: Bak en brou | Sleutelwoorde: , , | 6 Kommentaar

Blog at WordPress.com.