Die kinders se gunsteling speletjie is op die oomblik dokter-dokter. Arme pop (Carla se ou looppop) loop sleg deur. Dan het sy maagpyn van te veel lekkers, dan het sy haarself dood geval of moet sy ‘n keiser kry sodat diertjie (eeyore) gebore kan word. Dis vreeslik oulik. En natuurlik kan Salomie nie ‘n suster wees nie. Nee, Ellard het besluit as hy dokter is moet sy ook ‘n dokter wees. So nou is hulle maar ‘n span. Ek’s net nie seker wie is die chirurg en wie die narkotiseer.
Ag hulle is sooooooo pragtig!!!!! Hou maar net ‘n ogie oor die dokter-dokter…..jy weet nooit :-0