0

Mieliemeelbroodjie

30 December 2011
Share

Met my en ons bul wat sukkel met koring is ek altyd opsoek na koring/gluten vrye resepte. Dis hoekom ek so bly was toe ek op die resep van Leana Oberholzer in “Manna en Kwarteltjies Lekkerbek resepte” afgekom het. Dis ‘n lekker brood vir saam met braaivleis en maklik om te maak. Soos meeste glutenvrye gebak is dit op sy lekkerste vars uit die oond en doen nie te wel na ‘n dag of twee nie.

Meng 350g (500ml) mieliemeel, 10ml bakpoeier en 5ml sout saam. Verhit 125ml melk, 100g (125ml) suiker en 100g (100ml) botter tot kookpunt. Voeg nog 250ml melk en 3 eiers by die meelmengsel. Klop tot goed gemeng. Voeg nou die kokende melkmengsel by en meng goed. Die deeg is loperig. Gooi in brood pannetjie en bak ongeveer 45 minute by 180 grade Celsius tot gaar. Keer uit op draadrak en laat effens afkoel. Geniet!