0

Sjokolade neut klonte resep

5 January 2012
Share

Die resep is ongelooflik maklik (buiten vir die smelt van die sjokolade, kan my 2 en 4 jarige dit op hulle eie doen) en maak ‘n heerlike peuselhappie.

Sjokolade neut klonte

1 groot blok sjokolade (180g)
200g ongesoute neute (soos grondboontjies)

Breek die sjokolade in ‘n glas bak.
Smelt dit in die mikrogolfoond deur dit vir 30 sekondes op ‘n keer te verhit en telkens te roer tot dit gesmelt is (ongeveer 3-4 keer).
Voeg neute by en roer goed deur.


Skep eetlepels vol op ‘n bakplaat of waspapier.


Laat staan tot die sjokolade weer gestol het.