2

Shaun vordering

16 January 2012
Share

Ons Shaun the sheep partytjie is stadig maar seker besig om vorm aan te neem. Gister het ons hope pret met die “klei” gehad om die kolwyntjie en koek versierings te maak. Ek met erken dat ek later bietjie skaperig gevoel het. Ek is seker ek het net een te veel skapie gemaak.

Gewoonlik versier ek sommer hulle koeke met botterversiersel, so hierdie was ‘n hele nuwe uitdaging, maar reuse pret. Ons het heel duidelik te veel Cake Boss en Food Network Challenge gekyk. Die dat ons sulke dinge al wil aanpak. Die 2 rakkers het dit ook vreeslik baie geniet.

Ek dink vir ‘n eerste poging het ek nie te vrot gevaar nie (alhoewel ek seker is die professionele ouens sal lekker giggel). Ongelukkig is die 2 nou oortuig mamma kan enige iets doen en sit net nog bestellings in van wat ek by moet maak vir die partytjie.

Nou is my grootste uitdaging om te soek vir speletjies wat by die tema gaan pas. Enige voorstelle?