Wel weet nie of die kan tel as ‘n resep nie, maar die kinders is mal daaroor om dit vir middagete aan mekaar te slaan. Ellard sê dis vir hom lekker, omdat dit groente op het. Iets wat mamma se hart sommer baie bly maak.
Groente broodjies (soos die kinders die slaai broodjies noem)
1-2 snye brood per kind
Slaai en/of groente in verskillende vorms gesny (Skyfies komkommer, kersie tamaties, wortel stokkies of sirkels, soetrissie, skyfies appel ens werk lekker)
Mayonnaise
Koekie drukkers (opsioneel)
Elke kind kry ‘n sny brood. Hulle kan met die koekie drukkers vorms daaruit druk en self mayonnaise daarop smeer. Daarna kan hulle kies watter groente/slaai hulle wil gebruik om ‘n prentjie op hulle broodjie te pak. En natuurlik kan hulle heerlik peusel terwyl hulle besig is.
