Op die boekrak in die vakansie huis het ek op die gedig “coca-cola” van Phillip de Vos af gekom. Ons eie vakansie weergawe sal egter aangepas moet word tot iets meer soos die:
Sprite
sap
en
vleis
koekies
lekkers
en
roomys
tjops
en
rib
en
wors
sjokolade
spanspek
snoek
macaroni
braaibroodjies
tjips
spaghetti
Hallo, Vettie
Skies, Phillip, maar ek kon die versoeking net nie weerstaan nie. Ek is seker ons lys kon nog langer gewees het. Sien as ons sout lywe hulle voete in die huis sit wil almal net soos ruspers eet en eet en eet. ‘n Tekort was daar ook nie. Oupa en Ouma het immers daarvoor gesorg!
Daar is egter een voordeel daaraan om nog aan die groei te wees. Waar ons grootmense na die vakansie die rolletjies weer moet af werk het die jongspan die ekstra eet gebruik om weer ‘n hele ent te groei. Ek het gesien hoe ons pop se bene vir die eerste keer ooit sommer sulke vet duikies kry. Dit het egter nie lank gehou nie. Voor ek die sagtheid kon geniet was sy ‘n langer weergawe van haar vorige slanke self. Ai, wat sal ek darem nie gee om so lekker te kan eet en my nie te bekommer oor horisontale groei nie.