0

Brood dinge

11 June 2012
Share

So bak ons nog lekker brood in die brood masjien. Ek moes egter agter kom dis maar ‘n bietjie van ‘n raai-raai riepa ding. Sien daar is nie iets soos net die resep volg nie. Nee, jy moet konstant bietjie aan dit karring. Nie net het die weer ‘n invloed nie, maar hoe vars jou bestanddele is speel ook ‘n groot rol. Hier aan die begin van die maand rys die brood gewoonlik te veel en maak daardie tipiese holte in die middel. So halfpad deur die maand is die brood perfek. En dan hier teen die einde van die sakke meel (wat ek so ewe in die vrieskas bere om dit langer vars te hou) moet ek al ‘n ekstra eier in gooi net om die brood darem so bietjie te laat rys.

‘n Eenvoudige oplossing sal seker wees om kleiner hoeveelhede meel te koop op ‘n slag, maar die kos soveel duurder. Ek kan seker ook ophou om die fyn en growwe meel te meng,  maar ai, dit maak darem net ‘n lekkerder brood.

Ek wonder wat maak die ander brood bakkers, of bak ons net nog nie gereeld genoeg brood nie?