0

kap-kap-kap

11 June 2012
Share

Laas week het ons gebibber in die yskas waarin ons bly. Selfs die kinders het begin koud kry. En dit gebeur nie sommer nie. Natuurlik moes daar ‘n plan gemaak word. Ek het toe vir ons almal vingerlose handskoene gehekel. Dis nogal handig. Die kinders is mal daaroor en het al elk ‘n 2de stel bestel. Ellard soek bloues en Salomie perses.

Gelukkig was die ergste reën teen  Saterdag verby en kon ons heerlik gaan kermis hou het om die draai. Ons het sommer gestap (en sopnat gereën op pad terug). Die grootste fonds was by die witolifant tafel. Daar het ons ‘n fossiel stel uit gekrap. Dis ‘n blok gips wat jy moet weg kap om by die “fossiel” uit te kom. Iemand het ‘n paar kappe gegee en besluit dis nie vir hulle nie. Tot ons wins.

Die bul het die hele naweek lank gekap tot hy die hele Triceratops oop gehad het. Vandag word daar steeds gekap. Daar is immers nog hope kap werk. Ek is so beïndruk. Dis lekker om te sien dat hy aanhou en aanhou tot dit klaar is. Hoe dikwels wil kinders op die ouderdom nie net handdoek ingooi as iets te lank of moeilik is nie.