0

Tuisskool Realiteit

7 August 2023
Share
Ons het onlangs ‘n heerlike tuisskool kuier gehad waar ‘n ma van 6 openhartig hul uitdagings gedeel het en hoe hul als in ‘n dag in gepas kry (of dan nou nie altyd in gepas kry nie).
Ek dink dikwels kyk ons van buite na ander se tuisskool pad en sien net die hoogtepunte (die “glamorous” dele), terwyl ons self spook om kop bo water te hou. Natuurlik is dit goed om te deel in mekaar se oorwinnings, maar ek weet dit laat mense dikwels onseker voel en asof hul nie by die standaard kan by hou nie.
Ek wil hier op my blog graag ‘n paar ma’s se openhartige tuisskool avonture deel. Kom ons gee mekaar ‘n beter idee van die tuisskool realiteit en nie die onhaalbare droom/ideaal nie. Dit kan anoniem wees, maar dit sal help as mense ‘n ietsie meer weet van wat in jul pakkie is (ouderdom/fase van jou kind(ers), uitdagings wat hul en jul gesin moontlik het).
As jy bereid is om met ander te deel hoe jul tipiese week lyk, wat vir julle werk en waar die pap op die grond val, stuur asseblief vir my ‘n epos na info@lomi.co.za met jul storie.
Kom ons bemoedig mekaar op hierdie ongelooflike avontuur wat ons saam met ons kinders aangepak het. Kom deel met ander hoe tuisskool is werklik doelgemaak vir julle gesin.