0

Afrikaanse Taaldag

21 August 2023
Share

Die 14de Augustus was Afrikaanse Taaldag. Dit is eintlik ongelooflik hoe ver ons taal in die 150 jaar gekom het sedert die Genootskap van Regte Afrikaners gestig is op 14 Augustus 1875.

Honderd en vyftig jaar klink seker baie, maar in vergelyking met ander wêreld tale is Afrikaans een van die jongste tale! As ons na ander tale soos Engels kyk wat sy oorsprong in die 5de eeu het. Is Afrikaans werklik nog ‘n bitterlike nuwe taal.

Tog is dit die derde grootste taal in Suid-Afrika met meer as 7 miljoen mense wat dit praat en in die res van die wêreld is daar
meer as 24 miljoen mense wat Afrikaans verstaan.

Oolfant.com het onlangs Omvattende Afrikaans tot hul produkte reeks bygevoeg. Dit beteken dat tuisskolers nou ‘n reeks produkte tot hul beskikking het van die grondslagfase deur tot matriek. Alles ontwikkel deur tuisskolers vir tuisskolers. My eie winkel het ook die toevoeging van ‘n Literatuur Geïnspireerde Taalleer studie van FA Venter se Wit Oemfaan ryker geword wat op graad 7-9 gemik is. Tans werk ons deur Kringe in ‘n Bos van Dalene Matthee en hopelik kan ek die voltooide werk voor die einde van die jaar ook beskikbaar maak.

Dit maak my hart bly om te sien hoeveel Afrikaanse produkte vir ‘n verskeidenheid vakke daar deesdae beskikbaar is. Tuisskool vriendelike materiaal in Afrikaans het werklik gegroei in die laaste 10 jaar. Elkeen van hierdie klein besighede het egter ondersteuning nodig! Gaan snuffel gerus bietjie rond wat als beskikbaar is en help ons taal om verder te groei.

Om Afrikaanse Taaldag te vier het Oolfant ‘n heerlik promosie van Afrikaanse produkte. Tot 31 Augustus 2023 het hul ‘n 25% afslag promosie op hul e-kursusse (insluitende Omvattende Afrikaans 1-3).


Bo-op die fantastiese prys ontvang jy ook die volgende vier bonusse as jy van die aanbod gebruik maak:
3 maande se gratis intekening by tuisskoolma, Hannekie Verwoerd, se Luistervink Stories
•  ‘n 25% afslagkoepon vir Somme(r) Pret produkte van jou keuse by my aanlyn winkel.
• ‘n Gratis tuisskoolboek deur veteraan tuisskoolma Sally Clarkson, naamlik Seasons of a Mother’s Heart, wat jou help begelei deur die verskillende seisoene van jou tuisskoollewe.
• ‘n Unieke, professionele video-opname van al die sprekers tydens die tweedaagse African Home Education Indaba wat in 2019 in Pretoria gehou is, waar internasionale en nasionale kenners jou vertel hoe om sonder stres en met selfvertroue te tuisskool.