Dit bly vir ons ‘n uitdaging om geskikte boeke vir ons oudste seun te vind. Daarby het hy maar beperkte tyd gehad om laas jaar by lees uit te kom. Die vryetyd wat hy wel tussen skoolwerk, gimnastiek en tjello het gebruik hy dikwels eerder om aan elektroniese projekte te werk. Of om ander te help om stukkende goed weer werkend te kry. As hy wel van tyd tot tyd ‘n lekker boek raak loop maak hy tyd daarvoor.
Tussen dit alles deur het hy net 45 boeke laas jaar gelees. Ek moet seker die net in aanhalings tekens sit, want ek vermoed dit is vir meeste tiener seuns / jong manne eintlik baie. Maar in ons huis en tussen die sussies deur is dit geweldig min.
Natuurlik moes ek toe gaan snuffel hoeveel die gemiddelde persoon wel lees. Volgens een bron lees Suid-Afrikaners gemiddeld 6.6 boeke per jaar (dis nou nie net tieners nie). In die studie van 98 lande het Amerikaners die meeste gelees met 17 boeke per jaar. Terwyl volgens ‘n ander bron 15 tot 44 jariges net op gemiddeld 10 minute ‘n dag lees (dis 60 ure per jaar, wat minder as 3 boeke per jaar is). Een uit elke 3 tieners lees nie eers 1 boek ‘n jaar vir die plesier nie! So duidelik is 45 boeke vir ‘n jaar nie te sleg nie.
Sy gunsteling Afrikaanse boeke was Tonke Dragt se Die Brief vir die Koning en Geheim van die Wilde Woud. In Engels geniet hy steeds Brian Jacques se boeke en hy het Chris Ryan se Special Forces Cadets: Missing geniet.
In Afrikaans het hy gelees:
1. Jungu Josh: Die Goue Kalbas – Constant van Graan
2. Blits: Perlemoendiewe – Nadine en Adriaan Blom
3. Blits: Operasie Hoërskool – Nadine en Adriaan Blom
4. Jungu Josh 2: Die Kryger van Aboemondja – Constant van Graan
5. Jungu Josh 3: Die Waters van Wafu – Constant van Graan
6. Die Weg van ‘n Arend – Adriaan Snyman
7. Die Berg van die Jong Manne – Jan Scannell
8. Sending Kosmos – ID Lamprecht
9. Waaiskuim – Kobus Myburg
10. Sending vir ‘n Voortvlugtinge – Cor Nortje
11. Dae van Oorlog – Cliff Graham
12. Redder van die Ryk: Die donker dae – Mark Huckerby en Nick Ostler
13. Redder van die Ryk: Die konting se weermag – Mark Huckerby en Nick Ostler
14. Die Brief vir die Koning – Tonke Dragt
15. Geheim van die Wilde Woud – Tonke Dragt
16. Die Richter-roete – Wilhelm Meissel
17. Staal Burger – Fanus Rautenbach
18. Die Profeet – Francine Rivers
19. Seun van Ramasilo – PD Swart
20. Kringe in ‘n Bos – Dalene Matthee
En in Engels:
1. Plague – Malcolm Rose
2. Mission Survival: Rage of the Rhino – Bear Grylls
3. Martin the Warrior – Brian Jacques
4. Redwall – Brian Jacques
5. The Treasure at the Top of the World – Clive Mantle
6. A Jewel in the Sands of Time – Clive Mantle
7. Viking’s Dawn – Henry Treece
8. The Road to Miklagard – Henry Treece
9. Viking’s Sunset – Henry Treece
10. Invictus – Ryan Graudin
11. Alex Rider: Nightshade Revenge – Anthony Horowitz
12. The Bellmaker – Brian Jacques
13. Sektion 20 – Paul Dowswell
14. Special Forces Cadets: Missing – Chris Ryan
15. Special Forces Cadets: Justice – Chris Ryan
16. Ship of Rome – John Stack
17. Botwars – JV Kade
18. Burning Angels – Bear Grylls
19. Hurricane! Tony Bradman
20. Reavers’ Ransom – Emily Diamand
21. My side of the mountain – Jean Craighead George
22. Mr. Midshipman Easy – Captain Marryat
23. Wildfire – Chris Ryan
24. Special Operations: Dogfight – Craig Simpson
25. The Scarlet Pimpernel – Baroness Emmuska Orczy