Iets wat ek met sekerheid weet is dat dit tyd is om nog boekrakke te kry. Hier by ons staan daar nou al hopies boeke voor die bestaande rye boeke op die boekrak. Daar is bloot net nie meer plek vir alles op die boekrakke nie. (Ons leeslyste vir vorige jare kan hier gevind word – 2023, 2022, 2021, 2020, 2019, 2018, 2017, 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende boeke.).
Ons tyd om saam stories te lees bly vir my kosbaar. Dit is dus vir my belangrik om tyd daarvoor in ons dag te maak. Dit is egter deesdae nie meer so maklik soos vroeër jare nie. Met 2 kinders wat met gimnastiek, musiek en hoërskool besig is moet ons mooi meet en pas om alles in ‘n dag in te kry. Dit bly egter elke oomblik die moeite werd.
Ons begin die dag met ‘n storie vir my jongste (11). Baie van die stories het my oudste 2 al jare te vore gehoor, maar juis daarom geniet hulle dit weer. Dan volg Bybel. Ons het in 2024 van Jesaja tot Esegiël en 1 Petrus tot Openbaring gelees. Na Bybel volg ‘n storie vir die ouer twee (15 en 17). Deesdae begin kleinsus meer en meer saam luister. Veral die Engelse stories het gewoonlik in die verlede vinnig haar aandag verloor, wat nou minder begin gebeur.
Op my jongste se voorlees lys was:
Die swerftog van Huberta – Cicely van Straten
Ken jy die Kierangbos – Freda Linde
Helde met Hoewe: Bokkie – Juliette Whelpton
Ek en Jy Groot Broer – Hester Heese
Helde met Hoewe: Dapper – Juliette Whelpton
Helde met Hoewe: Fleur – Juliette Whelpton
White Fang die wolfhond – Jack London
Die klein vossies – Eilis Dillon
Die skaapvark – Dick King-Smith
En op die oudste twee se voorlees lys was:
Rebel – Karl Kielblock
Die Keiser – Bartho Smit
Saddle the Wind: Riding the Pony Express
Berg van die Bosduiwe – John Coetzee
The hiding place – Corrie ten Boom
Die Jongste Veldkornet – Mikro
One hunderd and four horses – Mandy Retzlaff
My Story: The Great Plague – Pamela Oldfield
Smiddae het ons steeds Kinders van die Wêreld (die slag nr 7 in die reeks) gelees. Ons het ook die eerste helfte van Streams of Civilization 2 gelees. Vir my jongste het ek apart Exploring Creation with Botany gelees. Dit raak moeilik om deesdae alles ingepas te kry as almal alles saam doen. So dit was net makliker om dit net vir haar te lees.
Ten spyte van al die voorlees (of juis agv daarvan?) het die meisies ook ‘n rits oudioboeke saam deur geluister. Ons het ook almal saam Luistervink Stories se Die Kleingeld Kommando deur Mikro geluister om die lang pad die Desembervakansie korter te maak.
Die meisies het die volgende oudioboeke geluister:
Die Radio drama Katbosbult
Because of Winn-Dixie – Kate DiCamillo
The Boxcar Children – Gertrude Chandler Warner
The Forgotten Horse – Elaine Heney
The Slightly Annoying Elephant – David Walliams
Marmalade the Orange Panda – David Walliams
The Creature Choir – David Walliams
The Love Monster – Rachel Bright
The Bear who went Boo – David Walliams
The First Hippo on the Moon – David Walliams
Boogie Bear – David Walliams
The Adventuremice: Mermouse Mystery – Phillip Reeve & Sarah McIntyre
Dog Squad: The Show – Clare Vulliamy ?
A Chance in the World – Steve Pemberton
The Adventuremice: Mice on the Ice – Phillip Reeve & Sarah McIntyre
Slime – David Walliams
The World’s Worst Pets – David Walliams
Paddington minds the house – Michael Bond
James and the Giant Peach – Roald Dahl
Never Grow Up – Roald Dahl
The World’s Worst Children – David Walliams
Charlie and the Chocolate Factory – Roald Dahl
Freewater – Amina Luqman-Dawson
The Green Ember – S. D. Smith